fbpx

Lettervorming, Woordherkenning en Konsentrasie het “Baie Verbeter”

Feedback.3185717_stdCarmen se moeder skryf:

Die skoolsielkundige het gesê dat Carmen onderpresteer; sy het ‘n sterk gemiddelde IK. Hy het ook gesê dat sy ‘n visuele probleem, sowel as ‘n konsentrasieprobleem het. Ek het haar oë laat toets (sy dra nou bril) en haar gehoor – geen probleem. Sy het egter bly sukkel om mooi vlot te lees. Ek het die Audiblox-advertensie gesien en besluit om my kind te help. In die inleiding het ek die probleme uitgeken o.a. omkerings en skrif.

Carmen lees baie beter, sy word nou selfs lief daarvoor en dit is vir my amper belangriker. Sy konsentreer beter en langer. Ons werk nog aan die klanke en die spelling, ons is tans by fase 4. Sy word nie so gou moedeloos as sy sukkel nie, sy het geleer om meer selfvertroue en deursettingsvermoë te hê.

Klanke en spelling en dan haar wiskunde (probleemoplossings) het nog baie plek vir verbetering. Sy is ook geneig om te lees wat sy dink daar staan in pleks van die werklike woord veral iets soos voorbeeld(e) ― sy laat maklik die laaste “e” uit.

A M Pretorius


Carmen se klasonderwyseres skryf:

CV

Share Button

A M Pretorius Carmen se moeder

Skip to toolbar