fbpx

Matthew Word ‘n Selfstandige Leerder

Matthew Coston
Matthew op sy fiets

Matthew was in 2014 in Graad 5 en het die eerste kwartaal gedruip. Hy het altyd so hard geleer (met my hulp) en sy werk geken, maar as hy die vraestelle skryf dan lyk dit nie so nie. Ek het agtergekom hy verstaan nie sy vrae nie of lees dit nie reg nie en dan skryf hy antwoorde wat hy dink reg is. So hy was onder die indruk hy het goed gedoen. Hy was later so gefrustreerd, want hy sou vir my sê “Ek verstaan nie wat doen ek verkeerd nie” en ek moes vir hom hulp kry. Sy Afrikaanse juffrou het my toe na Edublox toe verwys. Edublox kom toe agter een van sy groot probleme is lees.

Matthew se punte het van die tweede kwartaal (tydens eksamen) opgetel en dit het net nooit weer geval nie. As ek na sy vraestelle gekyk het kon ek sien dat hy begin verstaan wat hulle hom vra en wat hy moet doen. Hy kon nou goed wat hy geleer het neersit op papier. Hy kon ook makliker vir my goed oordra wat in die klas vir hom geleer is (visueel en luister). Hy kon ook nou op sy eie sit en leer, want hy verstaan wat hy lees so dis makliker om te leer. Sy lees het ook verbeter en sy lees punte het ook opgetel.

Sy gemiddeld in kwartaal 1 was 50%.
Afr 41%, Eng 68%, Wisk 39%, NW 43%, SW 39%, LV 73%

Sy gemiddeld in kwartaal 2 was 59%.
Afr 49%, Eng 58%, Wisk 52%, NW 77%, SW 46%, LV 70%

Sy gemiddeld in kwartaal 3 was 63%.
Afr 56% , Eng 70%, Wisk 67%, NW 71%, SW 48%, LV 66%

Sy gemiddeld vir kwartaal 4 was 64%.
Afr 52%, Eng 54%, Wisk 62%, NW 71%, SW 66%, LV 70%

Matthew kan nog baie aan sy lees verbeter, veral sy Afrikaans en Engels kort nog werk, maar ek kan sien ons is op die regte pad. Ek sal ook hou van ‘n verbetering in Afrikaans en Engelse begripstoetse.

9 Januarie 2015
Sonja Coston

 

Matthew rapport

Share Button

Sonja Coston Matthew se moeder

Skip to toolbar