fbpx

Ronel Oortref Alle Verwagtinge

Ronel vZ
Ronel van Zyl

Redes vir gebruik van Audiblox

Ronel se skoolwerk het al hoe meer en meer agteruitgegaan. Mei 1991 word haar lees en spelvermoë getoets deur die R.O.-onderwyseres by die skool. Sy was toe reeds in Gr. 3 (St. 1) en sy het die leesvermoë van Gr. 1 (Sub A) derde kwartaal-vlak gehad.

‘n Gehoorprobleem word ook geïdentifiseer wat beteken dat sy jare se werk agter was, veral die grondslag van taalvaardigheid moes sy inhaal. Sy ontvang ‘n gehoorapparaat gedurende Julie 1991.

Sy was ‘n baie swak lesertjie wat baie spelfoute gemaak het. Sy het ook omkeringsprobleme gehad bv. sy lees of skryf “dom” vir “bom” of “kat” vir “tak”; met hierdie foute wat sy gemaak het, is sy dan ook as dom deur haar onderwyseres geklassifiseer. Letters in woorde is agterstevoor geskryf en syfers is ook verwar, bv. vir 14 het sy 41 gelees.

Ronel was ook baie senuweeagtig wanneer sy in die klas moes lees en mondeling moes praat; die kinders het haar uitgelag en gespot wanneer sy foute gemaak het. Sy was ook ‘n baie stadige werkertjie en moes gedurig aangejaag word om opdragte te voltooi. Onderwysers se groot klagte was ook dat opdragte gedurig herhaal moes word, en ons het dieselfde tuis ook ondervind.

Ronel moes hulp ontvang, maar die R.O.-klasse was vol. Sy was verwys na ‘n arbeidsterapeut en sielkundiges met haar swak selfbeeld- en senuweeagtigheidprobleem, maar sonder enige sukses. Ons was raadop. D.m.v. ‘n radiopraatjie hoor ons toe van Audiblox.

Verbetering

Na slegs 5 maande se gebruik van Audiblox kom geen omkerings meer voor nie en het sy geen ruimtelike oriëntasie probleme meer nie. Spoedlees geneem op 12/2/92 toon verbetering van Sub A vierde kwartaal-vlak na Sub B derde kwartaal-vlak.

Audiblox help Ronel om opdragte vinniger af te handel omdat sy binne ‘n sekere tyd ‘n probleem moet oplos, konsentrasie verbeter ook omdat ‘n opdrag nie aanhoudend herhaal word nie ― sy word dus gedwing om haar “nuwe oor” te gebruik. Sy kry baie meer selfvertroue in haarself deurdat sy die verlangde % vir kassetlesse behaal en sodoende vir haarself bewys dat sy nie ‘n mislukking is nie.

Sy lees al met baie meer selfvertroue en spelfoute het baie verminder. Wanneer sy spel vir skool moes leer het ons Audiblox se boumetode wat vanaf Fase 2 gebruik word, toegepas. Dit het so uitstekend gewerk dat Ronel met die voorstel een middag gekom het dat ons haar nuwe Engelse woorde ook volgens die metode moet aanleer. Die resultate was fenomenaal; dit het ekstra studietyd geverg, maar dit was deur en deur die tyd werd as Ronel vol blydskap met goeie punte van die skool afkom.

Met Engelse spel kan u volgens haar toetspunte sien hoe sy voor Audiblox op 18/3/91 gedoen het nl. 15,7% (let ook op die slordige skrif), daarna ‘n speltoets in Augustus 1991 (toe was sy 1 maand besig met Audiblox). Vanaf Februarie 1992 tot November 1992 is verbetering duidelik:
05/2/92 ― 36,6%
27/4/92 ― 42,5%
27/5/92 ― 50%
18/9/92 ― 60%
26/10/92 ― 75%
10/11/92 ― 70%. (Toetse aangeheg)

Sy het baie meer selfvertroue gekry in Engels as u kyk hoe sy dit geniet het om stories te skryf; sy is nie meer so bang soos in die verlede nie. Begripstoetse het sy ook goed verstaan met enkele uitsonderings.

In Wiskunde kan haar vordering ook baie duidelik gesien word uit klasskrifte en toetspunte, 22/3/91 voor Audiblox, 2/8/91 (probleme met tafels); punte verbeter egter baie tot Oktober 1991. Februarie 1992 tot September 1992 wissel punte van 68,6% tot 95%. (Toetse aangeheg)

Ronel se skrif het ook baie verbeter as u vergelyk vanaf 22/10/91 tot 1/9/92. (Skrifte aangeheg)

Sy ontvang ook by die jaarlikse prysuitdeling vir die eerste keer in haar skoolloopbaan toekennings vir akademiese prestasies, nl. ‘n sertifikaat vir verdienstelikheid in Wiskunde en Aardrykskunde en ‘n boekprys vir die beste prestasie in Wetenskap in Gr 4. Ronel het alle verwagtinge oortref, trane van geluk kon nie sy of ons as ouers daardie aand keer nie.

Dr. Strydom het ook studiemetodes voorgeskryf wat sy gedurende die jaar toegepas het. Hierdie metode werk beslis mits dit toegepas word. Dit kan gestaaf word deur die Wetenskap toetspunte: die werk van 20% het sy nie volgens die metode geleer nie, maar wel al die ander werk waar sy punte van 55%, 85% en 95% gekry het.

Audiblox het Ronel beslis gehelp en haar in staat gestel om die suksesse te behaal, haar selfbeeld het baie verbeter en dit het haar gehelp om haar agterstand op die regte fondament te lê en in te haal. Dit het aan haar bewys dat sy tot alles instaat is met haar geloof in Jesus, harde werk en deursettingsvermoë.

Aan die einde verlede jaar is ons meegedeel dat Ronel baie probleme sal ondervind in Gr. 4, omdat sy met “leervakke” begin en volwaardige vraestelle moet lees en beantwoord, ons moes nie verbaas wees as haar punte verswak nie, en sy dalk nog druip ook. Wel, sy het nie verswak nie, danksy Audiblox. Audiblox is die oplossing vir kinders met leerprobleme, en soos in Ronel se geval vir kinders met ‘n taalagterstand a.g.v. gehoorverlies, mits dit getrou, elke dag, gebruik word soos voorgeskryf.

Ronel se vordering van Gr. 3 tot einde Gr. 4 kan d.m.v. die volgende eksamenpunte gestaaf word.

Ronel

Probleme

Spelfoute sluip soms nog in en lees is nog nie heeltemal op standaard nie, maar ons is nie oorhaastig nie, omdat Ronel se taalagterstand groot was a.g.v. gehoorverlies en ons oortuig is dit binnekort sal regkom. Geskiedenis verg ook nog aandag, asook Engelse Language.

Diens gelewer

Al die eer kom ons Hemelse Vader toe vir ‘n man soos Dr. Strydom wat Audiblox aan ons kinders bekend gestel het. Baie dankie ook aan al die personeel by die Sentrum vir al die vriendelikheid en ondersteuning deur die jaar. Op watter gebied ookal, Susan en Karlien is altyd op bystand met raad en hulp. Hulle het altyd ‘n gewillige oor vir probleme in hartseer tye en is net so opgewonde met prestasies behaal. Die sekretaresse, altyd vriendelik en behulpsaam, hou dit so!!

Ronel geniet Audiblox, van die oefeninge wat net in Fase 1 gebruik is het ons mee aangegaan omdat sy altyd wil probeer om ‘n langer ry blokkies se patroon uit te redeneer of ‘n groter patroon wou memoriseer.

Ek het geen voorstelle vir verbetering nie, die diens is puik, en Audiblox is uitstekend.

L. van Zyl
Tsumeb, Namibia


Voorbeelde uit Ronel se skoolskrifte vóór Edublox en aan die einde van haar Gr 4-skooljaar:

Ronel Skryf

Share Button

L van Zyl Ronel van Zyl

Skip to toolbar