fbpx

Positief en Gemotiveerd om te Studeer

dw
Deon

Deon het stadig gevorder op skool. Hy het stadig gewerk en dan agtergeraak. Hoe verder die jaar gevorder het, hoe groter het sy agterstand gewoonlik geword. Sy konsentrasie was nie altyd goed nie en sy spelling was ‘n groot probleem. Omdat hy stadig gelees het, het hy gesukkel om te studeer. As gevolg van al die probleme het hy gesukkel om Afrikaans en Engels te slaag. Aan die einde van die eerste kwartaal in 1991 het hy weer Engels gedruip. Hy het ‘n negatiewe houding teenoor skoolwerk gehad, was soms opstandig as hy moes leer. Mev. Louw se brief in Rooi Rose waarin sy vertel het van Werner se probleme en sukses na die Audiblox-kursus, het ons laat besluit om die seminaar/werkswinkel by te woon en die kursus te begin.

Nadat Deon vir n paar maande ‘n Audiblox-gebruiker was, het sy werkstempo stadig begin verbeter. Waar hy voorheen probleme ondervind het om eksamenvraestelle binne ‘n gegewe tyd te voltooi, kon hy aan die einde van 1991 daarin slaag om die vraestelle te voltooi. Omdat hy nou vinniger skryf en beter konsentreer, maak hy ook minder foute. Sy tuiswerk neem nie meer heeltemal so lank nie en hy raak nie so gefrustreerd en opstandig daaroor nie. Sy spelling het ook verbeter en hy is baie meer positief en gemotiveerd om te studeer. Aan die einde van 1991 het hy al sy vakke geslaag nadat hy vir +/- 6 maande ‘n Audiblox-leerling was.

Mev. M Waldeck

Share Button

Mev. M Waldeck Deon se moeder

Skip to toolbar