fbpx

Selfvertroue Kry ‘n Geweldige Hupstoot

Hoekom Michau ingeskryf is by Edublox

Michau is in gr. 6 aan Grey Kollege Primêr, en soos enige seun van 12 wou hy graag in die eerste kwartaal van 2017 aan my bewys dat hy self kan leer vir sy toetse. Tot en met hierdie tydperk het ek hom nog gehelp en seker gemaak hy is gereed vir toetse en eksamens.

Nadat ons die eerste kwartaal se rapport ontvang het, het ons egter besef dat hy ekstra hulp kort in Wiskunde asook met sy lees. Ek sou nooit my kind kon help op my eie nie, en daarom het ek die span van Edublox vertrou om hom te help. Met die hulp van Annelize het ek my kind beter verstaan en kon ons saam aan ‘n oplossing werk.

Verbetering die afgelope 7 maande

Aanvanklik was Michau baie bang en het dit mooipraat gekos om hom elke week by Edublox te kry. Maar ons het deurgedruk en stadig maar seker het hy dit begin geniet – ek dink die pakkie chips na elke les het dalk ook gehelp…

Dadelik het ons ‘n verbetering begin sien. Hy het begin boeke lees, waar hy voorheen nooit gelees het nie. Hy was meer positief teenoor sy skoolwerk en het meer entoesiaties voorgekom wanneer dit by toetse en eksamens gekom het.

Hy het begin uitsien na die weeklikse Edublox les en na net twee maande het sy gemiddeld op sy rapport verbeter – nie net sy Wiskunde nie, maar ook tale en leervakke.

Saam met dit het hy meer selfstandig begin raak en sy selfvertroue het ‘n geweldige hupstoot gekry. Sy geheue is beter en hy kry dit nou reg om die vraag en antwoord bymekaar uit te bring. Hy is nog nie die wêreld se grootste leser nie, maar sy woordeskat en vermoë om opstelle te skryf het beslis ook verbeter.

In 2018 gaan Michau koshuis toe en ek kan met ‘n geruste hart weet dat hy op sy eie gaan regkom. Alles te danke aan Edublox!

Rolaine Grobbelaar

Share Button

Rolaine Grobbelaar Michau se moeder

Skip to toolbar