fbpx

Skryf, Spelling en Lees Het Verbeter; Huiswerktyd Aansienlik Minder

Eunice en Loïs

Ek, Yolanda Fourie, is die mamma van ‘n trotse tweeling, Eunice en Loïs. Hulle beteken die wêreld vir my en graag wil jy as ouer net die beste vir jou kinders hê, maar somtyds verloop alles nie soos wat jy dit wil hê nie.

Ek het my kinders in diep water gegooi en hul moes leer swem en vinnig ook. Ek het die besluit geneem om hul in ‘n Engelse skool in te skryf met die wete dat ons Trots Afrikaans is.

Verskoon my omdat ek sommer oor altwee skryf, want ek vergelyk nie sommer die twee met mekaar nie. Hulle albei het gesukkel met konsentrasie- en luistervaardighede. Eunice het bietjie meer gesukkel met lees en spelling. Ek het alles probeer om dinge vir hulle maklik te maak, want as ouer is dit nie lekker as een van jou kinders sukkel nie. Loïs was altyd ‘n kortkop voor Eunice maar as een iets doen dan doen albei dit.

Ek het gelees van Edublox op Facebook en sommer dadelik vir Annelize gekontak en ‘n afspraak gereël. Ons hoofrede was maar om te help met Engels en om hul lees en spelling te verbeter. Min het ek geweet wat ek als gaan kry (al die areas waaraan gewerk word by Edublox).

Ons het einde Mei begin met Edublox. Loïs doen 1 sessie ‘n week en Eunice 2 sessies. Ek kan met eerlikheid sê dat daar ‘n verskil in albei se leesvermoë is en dat hul met beter begrip ook lees. Eunice se Engels wat skryf, spelling en lees betref, het in totaal verbeter. Sy het van ‘n 61% na 66% verbeter na net 8 sessies. Tans staan sy op 74%. Hul huiswerktyd het ook aansienlik verminder en ek kan hul los om al meer op hul eie te leer.

Hulle geniet dit verskriklik baie om Edublox toe te gaan. Hulle word geprys en gemotiveer, en hul selfvertroue word bevorder. Hulle glo in hulself omdat daar in hul geglo word.

Is daar areas wat nog kan verbeter? Altyd — “the sky is the limit”. Eunice en Loïs werk hard en harde werk word beloon. Daar is ‘n gesegde wat lui, “Rome is nie in ‘n dag gebou nie en ons klim trappie vir trappie”. Alles is moontlik deur spanwerk en hulle het ‘n gedugte span wat agter hul staan. Dankie Annelize vir jou en jou span by Edublox wat hulle leer, prys en die beste uit hulle haal.

Verder as mamma bly ek op my knieë en prys die Here vir wonderlike volmaakte kinders en vir al die vrugte wat ons pluk vir harde werk. Al die eer kom ons Hemelse Vader toe.

Dankie
Yolanda Fourie


Eunice se rapport. Engels het verbeter van 61% tot 66% tot 74%. Ook het sy nou 6/7 vir al haar vakke:

Share Button

Yolanda Fourie Eunice en Loïs se moeder

Skip to toolbar