fbpx

Snap Dinge Baie Vinnig, Leer Baie Makliker

Annari
Annarie

Annarie het voorskools probleme met kleurherkenning gehad. In graad 1 kon sy haar leesboek uit haar kop opsê, maar nie afsonderlike woorde herken nie. ‘n Gesprek met haar “bejaarde” juffrou het my laat voel ek jaag hase op (kyk-en-lees metode is gevolg). Sy het uitsonderlik, en vir my, bó haar vermoë punte gekry.

In graad 2 beland sy by ‘n puik onderwyseres en sy laat weet dat Annarie glad nie op graad 2 standaard is nie. Ons laat haar toets deur ‘n skoolsielkundige in Lichtenburg. Sy verslag aan my (mondelings): alhoewel sy bogemiddeld intelligent is, is daar ‘n blokkasie in haar brein, wat sal meebring dat sy nooit in ‘n normale skool sal kan vorder nie! Hy het ook name van spesiale skole genoem en gesê hy sal haar oor ses maande weer sien. Ek moes ‘n remediëringsprogram volg. Hy was na ses maande weer terug by die skool en het haar slegs op die stoep gegroet en gevra, hoe gaan dit?

Die graad 2 juffrou het pouses met haar in die klas deurgebring om haar te probeer help. Teen die tyd het sy geen maats gehad nie, het gedurig van maagpyn en moegheid gekla, en het sleg geslaap.

Met geen hulp en ondersteuning van ons skoolhoof nie, het ek haar by P.U. vir C.H.O. laat evalueer. Weereens, baie intelligent, maar baie probleme. Na ‘n jaar en ‘n half se intensiewe spraakterapie, kon ek slegs aan haar selfbeeld ‘n verbetering merk (en aan my beursie!) Potch is ongeveer 80 km ver. it was ‘n moeilike opoffering.

Toe ek op die dag ontdek dat die spraakterapeut ook Audiblox besit, maar dit nie vir Annarie gebruik nie, het ek besluit om dit self te koop. Ek het van die begin af geweet dat konsentrasie haar grootste probleem was, en niemand het daaraan aandag gegee. Sy kon nooit stilsit nie, en het selfs terwyl sy met iets besig was, gesit en wieg, ‘n been of ‘n arm gewikkel en het altyd ‘n veraf kyk in haar oë gehad. So ‘n “gaan Ma maar aan, ek is besig”-houding!

Ons is nou maar met die sesde kasset besig – en ek moet bieg dat ons ‘n bietjie ongereeeld is – maar haar skoolwerk het drasties verbeter. Sy snap dinge baie vinnig, leer baie makliker, presteer beter in atletiek en musiek en is ‘n gelukkige, gesonde normale 10-jarige, met baie selfvertroue en sal feitlik enige taak aanpak. Haar handvaardigheid is goed; haar skrif het verbeter. Kortom, sy het van ‘n kind met DOODSGEDAGTES in ‘n pragtige engel verander! Sy verrig huistakies met blymoedigheid en sien uit na elke dag. En ek dank die Vader dat sielkundiges ook verkeerd kan wees!

Net vir interessantheid – my jongste was verlede jaar in graad 1. Hulle het weer begin klank soos toe ons in die skool was, en sy lees selfs uit die Bybel. Sy het ook al die kassette tot by ses voltooi, en het geen van die probleme van Annarie ondervind nie, wat met die kyk-en-lees-metode onderrig is. Byna die hele klas is vandag nog nie juis presteerders nie en die helfde sukkel met lees.

Annarie se moeder

Share Button

Annarie se moeder Annarie se moeder

Skip to toolbar