fbpx

Spesiale Skool Nie Meer Nodig

Feedback.3185717_std30 Julie 1991

Geagte Dr. Strydom,

Ek het gisteraand na die program oor disleksie oor die die radio geluister. Dit klink vir my asof julle al baie gevorder het met die Oudiblox-program.

Ek wil u net vertel van ons gesin se goeie resultate met Oudiblox. In 1985 was my seun Jorik in St.1. Die skoolsielkundige het gediagnoseer dat hy aan minimale breindisfunksie ly. Hulle wou hom na ‘n spesiale skool stuur. Ons het Dr. Guldenphennig se advies ingewin en hy het gesê dat die wegstuur meer skade sou doen as help. Ons moes bykomende onderrig kry.

Hy kon toe op Phalaborwa (ons het toe daar gewoon) in ‘n hulpklas kom vir ‘n jaar. Die onderwyseres, mev. Rina Steenkamp, Het toe net met Oudiblox kennis gemaak en gesê ek moet dit probeer. Ouers op so ‘n uithoek soos Phalaborwa het nie veel keuses van hulp nie. Ek het dit dus probeer. U sal onthou dat daar toe geen bandjies by die stel was nie, net ‘n begeleidende handleiding. Ek sal nooit die begrypende onderskraging van u en u vrou vergeet nie. Toe sy hoor ek bel van Phalaborwa af, het sy u met n les onderbreek om met my te praat. Ek het in daardie tyd pal met ‘n hol kol op my maag loop oor die vonnis wat oor my kind uitgespreek is.

Ons twee het vir twee jaar lank gereeld elke dag behalwe Sondae met die Oudiblox gewerk en vandag lees hy! Hy het verlede jaar St.6 geslaag met ‘n gemiddeld van 60% en dit sonder enige hulp van ons kant.

Dit is wonderlik om in sy kamer in te loer en te sien hy lê met ‘n boek – selfs Engelse boeke as die storie hom eers beet gepak het.

Bemoedig asb die ander mammas, sê hulle moet net volhou — al sien ‘n mens nie dadelik resultate nie — die Oudiblox help op die ou end.

Beste groete,

(Mev.) Hansie Drent

Share Button

(Mev.) Hansie Drent Jorik se moeder

Skip to toolbar