fbpx

‘n Sprekende Voorbeeld Van Wat Bereik Kan Word

DPDesiré Pretorius, 13 jaar,  het reeds van 3-jarige ouderdom begin met spraakterapie en arbeidsterapie weens ‘n agterstand in haar spraak en ouditiewe vaardighede. Desiré is deur dié terapieë vir ongeveer een jaar en is weer voorskool getoets waarop daar nog steeds so ‘n groot agterstand was, dat sy een jaar teruggehou is van skool. In gr.1, einde van die tweede kwartaal (na nog ‘n reeks arbeids- en spraakterapie sessies) is aan my meegedeel sy gaan gr.1 nie maak nie, en daar is besluit om haar na die hulpklas oor te plaas wanneer sy gr.2 toe moet gaan.

Desiré het weereens begin met spraakterapie en arbeidsterapie; sy moes ook oog-terapie en voet-terapie ontvang. Desiré het ook by ‘n sielkundige beland aangesien sy sielkundige probleme ontwikkel het a.g.v. haar bewustheid van haar agterstand wat sy teenoor mede-leerlinge het. Desiré is na st.1-hulpklas (st.1 = gr.3), toe oorgeplaas na ‘n normale st.2 (st.2 = gr.4) aangesien hulle gedink het sy het oor haar probleme gekom. Die helfte van st.2 het ons besef Desiré gaan dit weereens nie maak nie en is sy weer getoets en oorgeplaas na Transvalia-skool, maar danksy Audiblox gaan sy st.6 (st.6 = gr.8) na ‘n gewone hoërskool.

Desiré het na haar eerste twee weke intensiewe Audiblox-kursus alreeds verbetering getoon. Haar konsentrasie het 100% verbeter (met volgehoue dissipline) en sy het begin konsentreer vir ure aaneen wat sy nooit voorheen kon doen nie. Desiré wou so graag gehelp word dat Bernetta by Audiblox nie kon voorbly om die program elke dag aan te pas en vinniger en moeiliker te maak sodat sy aanhoudend gestimuleer kon word nie. Na drie maande by Audiblox kon ons ‘n reuse verskil in haar as persoon sowel as in haar skoolwerk sien. Desiré, wat voorheen baie gesukkel het met haar lees (nie soseer haar spoed nie, maar verstaan wat sy lees sonder om woorde by te voeg of net eenvoudig weg te laat) kon soveel beter lees, dat ons verstom was. Voorheen het lees haar so beïnvloed dat sy nie haar eksamenvraestelle kon verstaan of reg invul nie, en dit het haar eksamenpunte natuurlik vreeslik nadelig beïnvloed.

Desiré is nou ses maande besig met Audiblox. Ons het reeds ‘n verskil van 10% of meer per vak op haar rapport na drie maande gesien en wag nou vir haar rapport van verlede kwartaal. Ons is so tevrede met haar verbetering in haar skoolwerk, haar taalgebruik en haar selfvertroue wat soveel verbeter het, dat sy nou getoets gaan word by haar skool en teruggeplaas gaan word in die hoofstroom-onderwys. Ons as ouers is baie dankbaar vir ‘n program soos Audiblox. Het ons maar 10 jaar terug geweet daarvan, dan het ons nie duisende rande aan terapieë spandeer en nog steeds deur al hierdie probleme met ons kind op skool gegaan nie. Ons beveel Audiblox oral aan persone aan, waar ons hoor daar probleme is met hul kinders se leervermoë.

Desiré is ‘n sprekende voorbeeld van wat met Audiblox bereik kan word, dit vra net volgehoue deursettingsvermoë en wilskrag om gehelp te word. Glo my, na 10 jaar se gesukkel met haar skolastiese prestasie was ek (as haar ma) en sy meer as bereid om Audiblox te probeer, nadat ons gehoor het wat dit aan ander persone gedoen het. Vandag is ons nie ’n dag spyt ons het nog hierdie een ding probeer nie, want glo my, ons was al moeg van probeer, en Desiré al moeg gewerk aan terapieë wat niks maar niks vir haar beteken het nie. Dit het net beteken sy het altyd gewerk as klein dogtertjie wanneer ander kinders gespeel het, en dit alles verniet.

Dankie, Dr. Jan, dankie Bernetta vir jul hulp, bystand (glo my, soms het ons dit nodig gehad ) vir jul luister, bemoediging en as julle moes luister hoe ek spog oor my kind! Ek ys as ek dink wat ons na ses maande vermag het, en waar sy gaan wees met haar vordering oor nog ses maande.

Mev. Pretorius

 


Note on Desiré’s photo: A stock photo was used.

Share Button

Mev. Pretorius Desiré se moeder

Skip to toolbar