fbpx

Van ‘Nooit Sal Slaag’ tot Vierde in Haar Klas!

Feedback.3185717_stdDit was reeds in Sub A (= Graad 1) duidelik dat Anene probleme het om die mas op te kom. Sy het geweldig probleme ondervind met klanke en kon nie woorde herken nie. Sy het gevolglik baie gesukkel met lees. Dit het ook voorgekom asof sy ‘n probleem het om te onthou, want die een dag sou sy sekere syfers en woorde ken, maar die volgende dag het sy nog nooit daarvan gehoor nie. Sy het ook geen begrip gehad van oggend, middag, aand, gister, môre, ens. nie. Die juffrou het ook laat weet dat sy nie kan konsentreer nie en het haar voor in die klas laat sit, sodat sy haar gereeld kon “wakkermaak”. Dit was tuis ook my ondervinding met die doen van huiswerk. As sy die slag “af” was, kon ek niks in haar kop kry nie.

Op ‘n stadium het die skoolsielkundige ons ingeroep en wou hy weet of ons huislike probleme het. Hy het aangedui dat Anene getoets was en dat dit geblyk het dat sy een van die intelligentste kinders in die standerd is, maar dat sy ver onder die vermoë wat die toets aangedui het sy oor beskik, presteer.

Gedurende die eerste kwartaal van Sub B (= Graad 2)  het die onderwyseres laat weet dat daar groot fout is en dat Anene nooit Sub B sal slaag nie. Ons het haar na Dr Repko, ‘n neuroloog in Bloemfontein geneem. Hy het ‘n EEG gedoen en ons meegedeel dat sy disleksie het en petit mal-epilepsie kry. Sy het geen begrip van links of regs gehad nie en het spieëlbeelde geskryf.

In die Junie-eksamen van Sub B het sy ‘klanke/woordbou/spelling’ en ‘skriftelike werk’ gedruip (sien rapport):

AF1

Ek het die remediëring-juffrou laat weet dat Anene volgens Dr Repko disleksies is en het die juffrou gevra of daar nie sekere toegewings t.o.v. Anene gemaak kon word nie. Die juffrou het aangedui dat indien dit so is, dan sal Anene na ‘n skool vir leergestremdes in Kimberley gestuur moet word, aangesien daar ook ander leerlinge in die klas is wat in gedagte gehou moet word.

Op daardie stadium het ek van Audiblox gelees en ek het dit bestel. Ons het onmiddellik die Audiblox-oefeninge begin doen en daar het ‘n duidelike verbetering ingetree. Aan die einde van Sub B het Anene net ‘skriftelike werk’ gedruip en kon sy na Standerd 1 bevorder word.

Gedurende die eerste kwartaal van Standerd 1 (= Graad 3) het die juffrou my meegedeel dat Anene swak vorder, maar dat ons almal hard moet werk om die wa deur die drif te trek.

Ons het gereeld die Audiblox-oefeninge gedoen en gedurende die tweede kwartaal het die juffrou gesê sy kan sien dat daar ‘n verbetering is. Die skoolhoof het egter aan die einde van Standerd 1 oorweeg om Anene terug te hou. Die juffrou, wat egter die vordering wat Anene gemaak het van die begin van Standerd 1 tot aan die einde van daardie jaar waargeneem het, het die skoolhoof nietemin oorreed om Anene tog na Standerd 2 (= Graad 4) te bevorder.

Sy was ingedeel in Standerd 2 C en hoewel dit nog harde werk gekos het, het sy aan die einde van die eerste eksamen in Standerd 2 (Junie), sewende in haar klas gestaan met 69,7%. Teen die einde van Standerd 2 het sy verder sodanig verbeter dat sy met 73,9% vierde in haar klas gestaan het (sien rapport):

AF2

Ek wil nie afbreuk doen aan die werk wat die onderwyseresse by die skool gedoen het nie, maar is in my hart oortuig dat Audiblox ‘n baie groot aandeel het in die vordering wat Anene gemaak het. As ‘n moeder wat die traumatiese ondervinding moes deurmaak om te hoor dat my kind moontlik weggestuur sal moet word na ‘n skool vir leergestremde kinders, kan ek Audiblox nie genoeg bedank nie.

Mev. D Ferreira

Share Button

Mev. D Ferreira Anene se moeder

Skip to toolbar