fbpx

Verandering Wat Ingetree Het Ongelooflik

Feedback.3185717_stdGeagte Dr. Jan

Graag wil ons u en u personeel hartlik bedank vir alles wat julle vir Sanrie gedoen het tydens haar twee weke wat sy by julle was.

Die verandering wat by Sanrie ingetree het is ongelooflik. Dit is net hartseer dat sy vyf jaar so moes sukkel en ons behoorlik van bakboord na stuurboord met haar was. Die Here het ons egter gehelp om by julle uit te kom en vir die eerste keer in baie jare het sy weer selfvertroue om iets aan te pak en deur te voer. Waar sy voorheen glad nie voor ander mense, selfs haar huismense wou lees nie, het sy nou die vrymoedigheid om voor vreemde mense te lees. Waar sy voorheen gedurig hulp gevra het met haar huiswerk, gaan sy nou aan en doen dit self. As ons besig is met die sessies saans, weier sy om op te pak voordat sy nie eers ten minste een bladsy gelees het nie.

Vir ons is dit ‘n wonderlike verandering. Graag wil ons net vir almal baie baie dankie sê vir die wonderlike ondersteuning, geduld, aanmoediging en bystand die afgelope tyd. Vir die eerste keer in 5 jaar is daar positiewe vordering by Sanrie te bespeur. Ons harte loop oor van blydskap en verwagting. Vir almal wat wil luister word van haar wonderlike vordering vertel.

Ons bid julle seën toe vir die wonderlike werk wat julle doen en nogmaals baie dankie.

Baie groete
Hentie en Carine Fourie

Share Button

Hentie en Carine Fourie Sanrie se ouers

Skip to toolbar