fbpx

Verbetering in Skoolpunte ‘n Bewys van Sukses

From: Sanet Walkinshaw <wal…..>
Sent: Friday, 20 September 2019 9:42 AM
To: Suegnet Oberholster <[email protected]>

Goeie môre Suegnet,

My dogter se punte is vandag op die D6 Communicater gelaai. Ek weet hulle sê dat die rapport die finale en amptelike punt is, maar dit was nog elke kwartaal dieselfde, so ek glo ek kan met gemak vir jou die volgende deurgee.

Ek voel eintlik sommer na aan trane vanoggend, maar trane van blydskap. Ek kan nie wag om dit vir my dogter vanmiddag te wys nie.

Vandat sy met Edublox begin het in April, was daar ‘n geleidelike styging in haar punte in kwartaal 2. Dit is egter kwartaal 3 se punte wat die bewys van sukses is. Sy het so bietjie gedaal in Engels en Lewensvaardigheid, so ons sal weer bietjie harder daar werk. Maar haar punte van kwartaal 1 tot nou is as volg:

Haar Afrikaans styg van 51% na 61%.

Haar Natuur Wetenskap styg van 37% na 61.5%!!!

Haar Sosiale Wetenskap styg van 45% na 54.5%.

Haar Wiskunde styg van 34.5% na 49%.

Om van kwartaal 1 van druip te gaan, na hierdie tipe punte is vir my ‘n oorwinning op sy eie. Sy het met ‘n gemiddeld van 10% of meer gestyg in al hierdie vakke.

Baie dankie vir julle harde werk met ons dogtertjie. Ek kan nie wag om te sien wat kwartaal 4 oplewer nie.

Sy kan nou met ‘n rustige hartjie op veldskool gaan, dit geniet, en dan kan ons weer lekker hard werk in kwartaal 4.

Baie dankie,

Sanet

Share Button

Sanet Walkinshaw 0

Skip to toolbar