fbpx

Wiskundepunte Verbeter van 60% tot 79% tot 97%

E-pos ontvang op 4 April 2019:   

Hannelie en span,

Ek wil net baie dankie sê vir die tyd wat Louise* by julle was vir Edublox. Sy het dit baie geniet en dit het groot waarde toegevoeg in haar lewe. Ek gee graag vir julle terugvoer van ons ondervinding met Edublox.

Aan die einde van Louise se graad 3 jaar het haar juffrou my ingeroep. Sy het genoem dat iets haar pla, maar nie presies haar vinger daarop kan sit nie. Louise sal een dag mooi werk en lyk of sy die werk goed verstaan en ʼn ander dag weet sy weer glad nie. Haar punte was gemiddeld, maar juffrou het tog gevoel daar is iets wat aangespreek moet word. Vorige jare het onderwysers gesê sy is baie kreatief en sommer net ʼn dromer. Ek was wel bekommerd oor haar wiskunde. Wanneer somme net ʼn bietjie moeilik vir haar was, sou sy maklik fokus verloor en net nie verder probeer het nie. Ek het van Edublox gehoor en gedink dit is iets waarby ons kan baat.


Wat ons ervaring verder vir my baie positief gemaak het, was dat Louise altyd gretig was om Edublox toe te gaan. 


Aanvanklik was dit moeilik om te weet of dit ʼn verskil maak of nie. Nadat ek myself ʼn paar keer hoor sê het, “Ek weet nie of dit Edublox is nie, maar Louise doen deesdae baie goed,” het ek besef daar is ʼn verskil.

Haar wiskunde punte het van 60% tot 79% opgegaan die eerste kwartaal en aan die einde van die derde kwartaal het sy 97% vir wiskunde gekry. Ek kon nie anders as om te erken dat sy uitstekend gevaar het sedert sy met Edublox begin het nie. Ek kon self agterkom wanneer ek met haar huiswerk doen, dat sy vir langer kan fokus en nie haar konsentrasie verloor wanneer sy lang bewerkings moes doen nie. Ook haar leesvermoë en selfvertroue het baie verbeter.

Wat ons ervaring verder vir my baie positief gemaak het, was dat Louise altyd gretig was om Edublox toe te gaan. Ek sê vir jou, Hannelie, en jou span baie dankie. Ek sal Edublox van harte aanbeveel vir enige iemand, want ek is oortuig daarvan dat dit vir elke kind tot groot waarde kan wees.

Marelize Smith

 

 

*Vir privaatheidsdoeleindes is die leerder se tweede naam gebruik, asook haar moeder se nooiensvan.

Share Button

Marelize Smith Louise se Moeder

Skip to toolbar