fbpx

Wondere Verrig vir Lees (Sy Verslind Boek na Boek), Konsentrasievermoë en Selfvertroue

Quinette

Quinette is my stil, kultuur-kind. Sy is nie sportief nie, maar is baie kompeterend. Sy geniet drama en is baie pligsgetrou.

Die geskiedenis

Aan die begin van 2017 het Laerskool Roodekrans ‘n studiemetodekursus aangebied waartydens daar bepaal is dat Quinette ‘n ouditiewe leerder is. Ek het vir Google gaan vra hoe so ‘n student moet leer. Die antwoord was: sy moet hardop lees sodat sy haar eie stem kan hoor en sodoende die inligting vaslê.

So spring ons weg om te leer vir haar eerste, amptelike Julie-eksamen. Die kind praat haarself hees. Selfs ek ken al die inligting woord-vir-woord. Wanneer ek vra hoe sy vorder verseker sy my dat sy die werk ken.

Elke aand wanneer haar pa die vrae vra, kan sy nie eens die eenvoudigste begrip of definisie onthou nie. Pa se reaksie: Jy raai. Jy het nie geleer nie. Jy bring nie jou kant nie (wat elke aand met ‘n tranedal geëindig het). Met elke vraestel wat ons terug ontvang, is die punte swak. Ek het so ver gegaan om te dink dat Quinette nie tot meer in staat is nie.

Die waarheid maak seer

Terselfdertyd berei Quinette voor vir haar drama-eksamen.  Sy moet ‘n voorgeskrewe boek lees. Die eksamen bestaan uit 3 dele:

  1. Vrae uit die boek;
  2. ‘n Voorbereide toespraak; en
  3. Onvoorbereide lees uit die boek.
    .

Die toespraak memoriseer Quinette sommer vining en sy is nie bang om vrae oor die boek te antwoord nie, want nadat ek vir haar die storie verduidelik het, verstaan sy die inhoud.

Quinette het tot laat in die aande agter haar toe deur met die betrokke boek op haar bed gelê. Toe ek ondersoek instel, besef ek dat sy besig is om die boek te memoriseer. Sy is bang vir die onvoorbereide lees-afdeling van die eksamen. Dit is toe dat ek besef dat Quinette nie eenvoudige woorde korrek kan uitspreek nie en dat sy die woorde “klank”. Ek het nie geweet wat om te dink nie.

Daar is hulp

Moedeloos het ek vir Monique van Edublox Wes-Rand gekontak. Quinette is getoets en haar uitslae was baie sleg. Haar leesvermoë was op Graad 2-vlak. Ek het besef dat Quinette onmoontlik goed kan presteer in die eksamen. Op die dag van die lees-assessering het ek vir Quinette gevra om te ontspan en dat ons glad nie eers gaan kyk na haar rapport nie. Ons gaan eers die probleem regstel.

Monique het aanbeveel dat Quinette ‘n 1-tot-1 “Bootcamp”-kursus vir twee weke bywoon. Ek het besluit om vir Quinette uit die skool te haal vir die laaste week van skool voor die Julie-vakansie. Die onderwysers was baie gekant daarteen en was van mening dat Quinette geweldig baie werk gaan mis tydens haar afwesigheid. Quinette en ek het saam besluit dat ons enige werk wat sy gemis het, tydens die vakansie sal opvang.

Tydens die twee-weke kursus het Quinette harder gewerk as wat sy enige gegewe dag by die skool beleef. Die individuele aandag en verduidelikings het haar gehelp om eerlik te wees met Juffrou Elzane oor wanneer sy iets nie verstaan nie of met ‘n afdeling sukkel.

Dit het wondere verrig, nie net vir Quinette se lees- en konsentrasievermoë nie, maar ook vir haar selfvertroue. Skielik het sy lus vir lees en verslind sy boek na boek (en verstaan sy die inhoud).

Quinette se geheue het met rasse skrede verbeter. Sy geniet “blokkies” die meeste. Ons het ‘n stel blokkies by die huis waarmee sy oefen. Sy raak gefrustreerd as ons by blokkies kom, en dit opraak. Ek hoor gereeld: “Mamma maak dit te maklik. Dit is vir babatjies.”

Die bewyse

Toe ons Quinette se rapport vir die 3de kwartaal ontvang, was ons aangenaam verras. Haar punte het radikaal verbeter.

Quinette woon twee maal per week Edublox-klasse by en ons het intussen ook hulp met studiemetodes ontvang.

Quinette neem inisiatief wanneer dit kom by haar leerwerk.  Sy stel self haar studierooster op en maak haar eie opsommings.

Te danke aan Edublox het my kind ‘n blink toekoms.

Baie dankie

Mev. T Roosenschoon
.


Quinette se rapport:

Share Button

Mev. T Roosenschoon Quinette se moeder

Skip to toolbar