fbpx

Vrede Met Disleksie

Books and LadderHieronder is ‘n gedeelte van ‘n artikel wat verskyn het in Rooi Rose in Januarie 2008:

Daar is miljoene mense wat ondanks hul onvermoë om reg en vinnig te kan lees, die suksesleer klim. Vra maar vir Dozi, Johan Engelbrecht en Christiaan Kritzinger. Deur Terésa Roodt.

Wanneer Girard J. Sagmiller, die skrywer van die boek, Dyslexia My Life, vir mense probeer vertel hoe dit is om met disleksie saam te leef, verduidelik hy dit gewoonlik só: “Om dislekties te wees is soos om ‘n 100 meter resies te hardloop. In my baan is daar hekkies, maar in niemand anders se baan nie. Ek weet dis onregverdig dat ek die enigste een is wat oor die hekkies moet spring, maar ek weet nie presies hoe om dit te verduidelik nie.

“Die skoot klap en ek begin hardloop. Ek doen my bes om by my klasmaats te hou, maar ek kan nie. Wanneer ek die eerste hekkie tref, val ek plat op my gesig. Die ouers en onderwysers staan aan die kant en skree vir my dat ek harder moet probeer, dat ek nie so lui en stadig moet wees nie.

“Ek trek my op en begin weer hardloop, maar ek val nóg harder toe ek die volgende hekkie tref.”…

HULP MET DISLEKSIE

Disleksie is die omkering van woorde of letters of selfs die weglating van letters soos wanneer ‘n kind “staf” lees pleks van “straf”.

Mense met disleksie lees ook dikwels stadig, huiwerig, hakkerig en woord vir woord en hulle verloor gereeld hul plek en laat dan dele uit of lees dieselfde reël twee keer. Hulle ruil letters soos “b” en “d” om of hulle verwar dikwels letters as hulle lees of skryf, soos byvoorbeeld “een” vir “nee”.

Dr Jan Strydom, ‘n opvoedkundige van Pretoria, het in die jare tagtig ‘n leerprogram ontwerp wat die lewe van derduisende kinders en volwassenes wêreldwyd verander het. Dié program, bekend as Audiblox, laat met die hulp van gekleurde blokkies, inkleurpotlode en letter- en werkkaarte kinders met spesiale leesprobleme beter lees.

Volgens ‘n bekende dagblad, berus dr Strydom se teorie op drie hoekstene: ‘n Mens kan niks doen wat jy nog nie geleer het nie, jy moet eers kruip vóór jy kan loop en ‘n piramide van herhaling moet gevolg word.

Dit beteken mense moet sekere dinge leer en word nie met “instinkte” soos diere gebore nie. Mense moet ook dikwels een ding leer voor hulle ander stappe wat daarop volg, kan baasraak. In die geval van disleksie, is die grondbeginsels van lees en spel nie outomaties nie. Audiblox fokus op die sistematiese leer van dié beginsels. Daarna kan lees en spel suksesvol aangeleer word.

Wat dr Strydom dus sê, is dat énige mens wat korrek geleer is, eindelik behoort te kan lees.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar