fbpx

Wat Veroorsaak Leesprobleme?

Lees word beskou as die belangrikste vaardigheid wat ‘n kind op skool moet bemeester, omdat hy moet leer om te lees sodat hy kan lees om te leer. Die implikasie hiervan is dat die kind wat ‘n goeie leser is ook ‘n goeie leerder sal wees.

Ongelukkig is daar miljoene kinders dwarsoor die wêreld wat sukkel om te leer lees, en die realiteit is dat ‘n groot deel van hierdie kinders volwassenes met leesprobleme word.

Om te verstaan wat leesprobleme veroorsaak, is dit nodig om ‘n fundamentele kenmerk van die mens in ag te neem, naamlik dat die leerproses by die mens nie op ‘n enkele vlak plaasvind nie — dit is ‘n laagsgewyse gebeure.

Die manier waarop die skoolstelsel in alle lande ter wêreld georganiseer is, is inderdaad ‘n erkenning hiervan. ‘n Mens kan nie jou kind eers universiteit toe stuur nie. Hy moet by die eerste klas begin, en dan jaar na jaar vorder na hoër vlakke van onderwys. Aan die einde van elke jaar word daar van die kind verwag om bewys te lewer — gewoonlik deur ‘n eksamen te slaag — dat hy genoeg van die kennis wat gedurende die jaar aan hom voorgehou is, bemeester het, sodat dit ‘n stewige grondslag sal vorm waarop die kennis van die daaropvolgende jaar gebou kan word.

‘n Voorbeeld behoort die wysheid van hierdie stelsel te illustreer. Veronderstel daar was ‘n kind wat nog nie geleer tel het nie. As ‘n mens hom sou probeer leer om op te tel of af te trek, sou ‘n mens vind dat dit onmoontlik vir so ‘n kind is om sulke berekeninge te doen, ongeag hoeveel moeite gedoen word. As ‘n mens egter die kind eers sou leer tel, sou dit daarna redelik maklik wees om hom te leer optel en aftrek. Dit bewys dat die vaardigheid van tel ‘n voorvereiste is vir die bemeestering van die vaardigheid om op te tel en af te trek.

Hierdie laagsgewyse eienskap van leer kan ook aan die hand van sport, byvoorbeeld yshokkie, verduidelik word. Voordat ‘n persoon yshokkie kan speel, moet hy eers leer om baie goed te skaats. Nadat hy geleer het om vorentoe te skaats, moet hy ook leer om agteruit te skaats en om binne ‘n oogwink te kan stop of van rigting te verander. Wanneer hy hierdie vaardighede so goed bemeester het dat hulle as’t ware geoutomatiseerd geraak het, is hy gereed vir die volgende vlak, naamlik om al die elemente, waaruit yshokkie bestaan, te bemeester. Dan kan hy, byvoorbeeld, begin leer om die rubberskyf met sy yshokkiestok te beheer, om dit uit te gee en te skiet, en om sy opponent te stamp of te skouer. Nadat hy al hierdie vaardighede bemeester het en intussen ook die reëls van die spel geleer het, kan hy begin om hierdie vaardighede in die spelsituasie toe te pas.

Net soos wat daar ‘n verskeidenheid van vaardighede is wat ‘n voorvereiste vir die spel yshokkie is, so is daar bepaalde vaardighede en ervaringe wat die grondslag van lees vorm. As ‘n kind nie die vaardighede wat ten grondslag lê aan lees deeglik bemeester het nie, sal hy ‘n swak leser wees en ‘n swak leser bly, totdat iemand hom eers die grondvaardighede laat inoefen het. Tensy dit gedoen word, sal alle ander pogings vrugteloos wees.

By Edublox word dié vaardighede, wat ten grondslag lê aan lees, geoefen en geoutomatiseer.


Edublox clinicsMeer inligting:

Edublox lees- en leerklinieke spesialiseer in breinopleiding wat kinders slimmer maak, en hulle help om vinniger, makliker en beter te leer en te lees. Die klasse spreek die volgende aan:

* Konsentrasie: Gefokusde, volgehoue en verdeelde aandag.

* Perseptuele vaardighede: Visuele en ouditiewe voorgrond-agtergrond onderskeidingsvermoë; visuele en ouditiewe diskriminasie, sintese en analise; vorm-onderskeiding; ruimtelike verhoudings.

* Geheue: Visueel en ouditief, kort- en langtermyn, reeks-, ikoniese en werkende geheue.

* Logiese denke: Deduktiewe en induktiewe redenering.

* Lees, spel, woordeskat en begrip.

Klasse word in Afrikaans en Engels aangebiedKontak ons.


Klik hier vir 700+ suksesverhale

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar