fbpx

Seun Floreer ná Edublox se Hulp

Wiehan Die Burger 16 Mei 2016 3

Hierdie artikel het verskyn in Die Burger op 16 Mei 2016:

Anika Marais

Paarl. – Op 11-jarige ouderdom kon hy sonder om te aarsel groot getalle in sy kop met mekaar maal, maar sou Wiehan Lombard gevra word om ’n sin te lees, was dit ’n hele ander storie.

“Ons het regtig nie meer geweet wat om te doen nie,” het sy ma, Annalize, vertel. “My seun het aande om geleer, maar hy het net nie gevorder nie.”

Wiehan is reeds in gr. 1 in ’n laerskool in Oudtshoorn teruggehou en ’n paar jaar later het hy ook al sy vakke in die eerste twee kwartale van gr. 5 in ’n laerskool in die Paarl gedruip.

Alhoewel hy nie disleksies is nie, het hy baie stadiger as sy klasmaats leer lees en skryf.

Dít het egter alles verander toe hy in 2014 by Edublox in die Paarl aangesluit het en in die middel van 2015 na die Slot van die Paarl Primêre Skool oorgeplaas is.

In die Edublox-klasse, wat een keer per week aangebied word, is Wiehan in klein groepe onder meer gehelp om sy geheue te verbeter en om met begrip te lees. Sedertdien slaag hy al sy vakke en sy gemiddeld het van 35% na 65% gestyg. Hy is nou in gr. 7 en het in die eerste kwartaal sy “beste rapport nog” gekry. Boonop is hy tot sy laerskool se leerlingraad verkies.

“Vandag het ons ’n ander kind,” het Annalize vertel.

Haar oë het vol trane geskiet.

“My kind het skielik selfvertroue. Hy slaap by maatjies oor. Hy het vir die eerste keer hierdie jaar sonder ons hulp sy eie mondeling geskryf. Hy neem deel aan sport en het al drie drieë gedruk!”

Vir die eerste keer in sy skoolloopbaan, voel Wiehan ook “rustig by die skool”.

Hy lag skaam en verstel effens die sonbril op sy kop.

“Ek het nie van skool gehou nie, maar nou kan ek nie wag vir hoërskool nie. Ek kan nou lees voor die klas. Ek is nog gestres as ek mondeling moet praat, maar ek kry dit nou al reg om die senuwees uit my lyf te kry voor ek begin praat,” het hy vertel.

“Ons skoolhoof het my ook nou die dag voor die hele skool na die verhoog geroep, omdat ek een van die beste leerders van Edublox in die land is. Ek het vorentoe gestap en die hele skool het vir my hande geklap.

“Soos my ma sê: Ek floreer nou.”

Wiehan Die Burger 16 Mei 2016

Share Button

2
Leave a Reply

avatar
2 Comment threads
0 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
2 Comment authors
adminlydia du plessis Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
lydia du plessis
Guest
lydia du plessis

HI baie geluk met prestasie, wil graag weet waar is die naaste EDUBLOX aan Oudtshoorn,Ek het n kleinkind wat ek groot maak met dieselfde probleem,

Skip to toolbar