fbpx

Leer Afrikaans: Dieregeluide

Dieregeluide is werkwoorde wat gebruik word om die geluide wat diere maak te beskryf, soos die die kwetter van voëls of die brul van ‘n leeu. Die woorde is dikwels klanknabootsing van die klank wat die dier maak, maar nie altyd nie.
.

Diergeluide van a tot z:

  • Ape blaf
  • Akkedisse piep
  • Beeste bulk of loei
  • Bere brom of grom
  • Bobbejane blaf of bôgom
  • Bokke blêr of bê
  • Brommers gons
  • Bulle bulk of brul
  • Bye zoem of gons
  • Donkies balk
  • Duiwe kir, koer of roekoek
  • Eende kwaak of snater
  • Esels balk
  • Ganse blaas, gaggel of snater
  • Hane kraai
  • Henne kekkel of kloek (wanneer hulle hul kuikens roep)
  • Hiënas huil of lag
  • Honde blaf, grom, knor of tjank
  • Insekte gons
  • Jakkalse huil, skree of tjank
  • Kalkoene koel-koel
  • Kanaries fluit
  • Kangaroes hoes
  • Katte miaau of spin
  • Katvisse blaas
  • Kiewiete skree
  • Koeie loei of bulk
  • Kraaie krys
  • Krieke kriek of tjir
  • Kuikens piep
  • Lammers blêr
  • Leeus brul
  • Maer varke skree
  • Makoue blaas
  • Meeue krys of gier
  • Muise piep
  • Olifante trompetter
  • Osse bulk
  • Paddas kwaak
  • Perde runnik
  • Ratels snuif
  • Renosters snork
  • Skape blêr or bê
  • Slange sis
  • Sonbesies sing of skree
  • Tiere grom of brul
  • Uile hoe-hoe, roep of steun
  • Varke knor of snork
  • Vinke kwetter
  • Voëls fluit, kwetter of sing
  • Volstruise brom
  • Wildeganse gier
  • Wildsbokke proes
  • Wolwe huil of tjank
    .


Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar