fbpx

Leer Afrikaans: Homofone

HomofoneHomofone is woorde wat van mekaar verskil wat die spelling en betekenis betref, maar dieselfde klink as ’n ander woord. Byvoorbeeld, fee verwys na ‘n sprokiesfiguur, terwyl vee ‘n versamelnaam vir skape en beeste is, maar ook ‘n werkwoord kan wees.

Homofone van a tot z:

  • beul (laksman of wreedaard) en beuel (tipe blaasinstument. Uitd: Sy eie beuel blaas, sy eie roem/belangrikheid verkondig)
  • bod (aangebode geldsom op ‘n veiling) en bot (kortaf en onbeleef; ook uitspruit, gesê van plante)
  • bond (vereniging) en bont (veelkleurig)
  • boordjie (die boonste deel van die nek van ’n hemp) en boortjie (’n werktuigie waarmee jy al draaiende ’n gaatjie kan maak)
  • blyk (soos ’n blyk van waardering) en bleik (wit laat word soos, sê maar, wasgoed).
  • boud (agterste, dik liggaamsdeel) en bout (dit word met ’n moer vasgedraai)
  • bry (die klank “r” met die kleintongetjie uitspreek) en brei (wol en penne ineenwerk om ‘n geheel te vorm, soos ‘n trui)
  • dokter (geneesheer) en doktor (iemand wat die hoogste akademiese graad verwerf het)
  • eed (lê ‘n eed of belofte af) en eet (soos om kos te eet)
  • end (punt waar iets ophou) en ent (afstand; stuk; gedeelte)
  • faal (misluk) en vaal (kleurloos; eentonig; gryserig)
  • faam (roem) en vaam (lengtemaat, die lengte van die uitgestrekte arms, ongeveer 1,8 m)
  • fat (man wat oordrewe sorg aan sy uiterlike bestee; modegek) en vat (voorwerp waarin wyn gehou word; ook handeling van te vat )
  • fee (sprokiesfiguur) en vee (skape en beeste; ook vloere vee)
  • fel (hewig, byvoorbeeld soos die son kan neerbak) en vel (huid van mense of diere)
  • fier (vol regmatige trots) en vier (feestelik deurbring; ook een minder as vyf)
  • fiets (waarop jy kan ry) en viets (netjies; deftig, sjiek)
  • fonds (geld wat vir ’n bepaalde doel byeengebring word) en vonds (iets wat gevind is)
  • fors (kragtig, stewig, sterk) en vors (koning)
  • frank (geldeenheid) en vrank (suur smaak)


  • fyt (pynlike sweer aan ’n vinger) en feit (iets wat werklik plaasgevind het)
  • graad (eenheid vir die meet van temperatuurverskille en hoeke) en graat (beentjies in ‘n vis se liggaam)
  • haal (na iets of iemand wat genoem word, gaan en saam met jou bring of neem) en hael (stukkies ys wat tydens donderstorms uit die wolke val)
  • kruid (plant wat geneeskundig gebruik word; spesery) en kruit (ontplofbare mengsel in ’n patroon)
  • leer (gelooide dierevel; klimtoestel met sporte waarop getrap kan word; onderrig) en leër (troepe met wapens)
  • lid (een van die mense in ’n geordende groep waaraan hy of sy behoort) en lit (’n deel van byvoorbeeld ’n vinger of ’n riet)
  • lood (metaal) en loot (jong tak van ’n plant)
  • luid (hard klinkend) en luit (snaarinstrument van Oorsterse oorsprong)
  • ly (pyn en lyding) en lei (voor loop)
  • lyer (iemand wat aan ‘n siekte ly) en leier (persoon wat lei; voorganger; aanvoerder)
  • maar (voegwoord om twee sindele te verbind) en maer (skraal, sonder vet; dun)
  • mied (opgestapelde hoop hooi of iets anders) en miet (klein larwe of wurmpie in byvoorbeeld meel)
  • nood (haglike toestand) en noot (musiekgeluid; ook papiergeld)
  • pyl (wat met ’n boog afgeskiet word; ook soos in “iemand pyl op iets af”) en peil (diepte of hoogte van iets vasstel)
  • pond (Britse geld; ook ou gewigsmaat) of pont (platboomvaartuig wat gebruik kan word om ’n rivier oor te steek)
  • rand (buitekantste omtrek van ’n voorwerp; ook ’n muntstuk) en rant (klipperige hoogte)
  • ryer (iemand wat ry) en reier (moerasvoël)
  • ry (voortbeweeg in ’n voertuig) en rei (koor in die klassieke drama)
  • ryk (welgesteld) en reik (jou hand uitstrek, soos in “reik na die sterre”)
  • rys (graansoort) en reis (gaan van een plek na ‘n ander)
  • skud (heftig heen en weer of op en af ruk) en skut (iemand wat skiet)
  • stad (groter as ‘n groot dorp) en stat (groep hutte waarin ‘n aantal families bly)
  • styl (van ’n skrywer; ook van hare) en steil (baie skuins op en af, soos ’n bergpad)
  • syne (behoort aan hom) en seine (tekens)
  • vermaard (beroemd) en vermaerd (wat maer geword het)
  • verys (tot ys verander) en vereis (verg; dringend vra)
  • voed (van kos voorsien) en voet (deel van mens se been waarop getrap word)
  • vly (jou saggies en gerieflik neerlê) en vlei (moerasagtige laagte; ook iemand heuning om die mond smeer)
  • vrees (angs, bv. vrees vir slange)  en frees (onderdeel van ‘n freesmasjien)
  • vrot (bederf, sleg word, bv. vleis kan vrot) en frot (aanslaanspeletjie)
  • vyl (voorwerp wat gebruik word om voorwerpe gladder en dunner mee te maak) en veil (te koop aanbied; op ‘n vandisie verkoop)
  • wand (muur) en want (omdat)
  • wy (skenk, soos in “wy jou aandag aan hierdie saak”) en wei (gras vreet, soos die beeste op die veld)
  • yk (merkteken, stempel op mate en gewigte) en eik (tipe boom)
  • ys (bevrore water) en eis (aandring op iets)


 

Share Button

2
Leave a Reply

avatar
1 Comment threads
1 Thread replies
1 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
2 Comment authors
Susan du PlessisJohan Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
Johan
Guest
Johan

“A-Z” toe nou nie, julle het nie eers die maklike, normale woorde nie…!

Skip to toolbar