fbpx

Toets Jou Woordeskat

woordeNog nooit gehoor van ‘n xiloteek nie!
‘n Biebie is ‘n wat?

Die woorde hieronder staan almal in woordeboeke, maar word nie elke dag gebruik nie. As jy meer as 15 uit 29 van hierdie woorde se betekenisse ken, mag jy jouself op die skouer klop! Minder as 5 uit 29? Moenie alleen voel nie, maar jy mag dalk die vakansie wil gebruik om jou woordeskat op te skerp.

Rol na onder vir die antwoorde:

Woorde:

.
1.) ronkedoor

.

2.) knotheining

.

3.) taksidermis

.

4.) plettertoets

.

5.) mesmeriseer

.

6.) ghallaghielie

.

7.) pouperiseer

.

8.) iterasie

.

9.) driesland

.

10.) kurieus

.

11.) jakkalsreëntjie

.

12.) teuelloos

.

13.) flensie

.

14.) tandeknersend

.

15.) biebie

.

16.) kampernoelie

.

17.) harlaboerla

.

18.) pikkedil

.

19.) uhuru

.

20.) xiloteek

.

21.) komhalertjie

.

22.) bankroetier

.

23.) songololo

.

24.) gebral

.

25.) paddaslagter

.

26.) senotaaf

.

27.) slaphakskeentjies

.

28.) duimmuis

.

29.) koeterwaals

.

.

.

 

Antwoorde:.

.
1.) ronkedoor (s.nw.)
1. Alleenloperolifant wat uit die trop verstoot is. 2. (fig.) Ongesellige manspersoon.

.

2.) knotheining (s.nw.)
Struikheining waarvan die takke bo en aan die kante gereeld gelykgeknip word.

.

3.) taksidermis (s.nw.)
Dieropstopper.

.

4.) plettertoets (s.nw.)
Toets waarby ‘n instrument of toestel, bv.’n motor, ontwerp word aan kragte wat dit kan verpletter om die weerstand en veiligheid van die toestel vas te stel.

.

5.) mesmeriseer (ww.)
In ‘n hipnotiese toestand bring; hipnotiseer.

.

6.) ghallaghielie (s.nw.)
Paddavissie.

ghallaghielie

.

7.) pouperiseer (ww.)
Tot armoede bring: Die oorlog het baie vroeër welgesteldes gepouperiseer.

.

8.) iterasie (s.nw.)
Herhaling: Doem, doem is ‘n voorbeeld van iterasie.

.

9.) driesland (s.nw.)
(Nuwe) grond wat skoongemaak, omgeploeg en bewerk word; ook, ‘n ou land wat na ‘n rustyd weer omploeg word: Vanjaar moet die boer dries, want sy ou lande is uitgeput.

.

10.) kurieus (b.nw.)
Merkwaardig, snaaks, eienaardig: Dit was regtig ‘n kurieuse verskynsel.

.

11.) jakkalsreëntjie (s.nw.)
1. Ligte reëntjie met sonskyn daarby. 2. Motreëntjie.

.

12.) teuelloos (b.nw. en bw.)
Buitensporig: Teuellose geweld.

.

13.) flensie (s.nw.)
Dun pannekoekie.

.

14.) tandeknersend (b.nw.)
(fig.) Woedend: Hy is tandeknersend hier weg nadat hy die nuus gehoor het.

.

15.) biebie (s.nw.)
Luise, ongedierte op die kop.

.

16.) kampernoelie (s.nw.)
Eetbare paddastoel.

.

17.) harlaboerla (s.nw.)
Lawaai, rumoer, wanorde, verwarring: Wat beteken die harlaboerla daar in die kamer?

.

18.) pikkedil (s.nw.)
Klein foutjie; vergeeflike sonde: Ons kan die oom maar sy pikkedilletjies vergewe.

.

19.) uhuru (s.nw.)
Woord as slagkreet gebruik: Vryheid, onafhanklikheid.

.

20.) xiloteek (s.nw.)
Versameling monsters van verskillende houtsoorte.

.

21.) komhalertjie (s.nw.)
Adamsappel.

.

22.) bankroetier (s.nw.) Uitspraak ban-kroe-tier
Iemand wat sy geldelike verpligtinge nie meer kan nakom nie, wat bankrot is.

.

23.) songololo (s.nw.)
‘n Duisendpoot.

.

24.) gebral (s.nw.)
Aanhoudende spoggery.

.

25.) paddaslagter (s.nw.)
Mes wat baie stomp is.

.

26.) senotaaf (s.nw.)
Grafmonument vir iemand wat elders begrawe is: ‘n Senotaaf vir die oorlogshelde.

.

27.) slaphakskeentjies (s.nw.)
Gekookte klein uitjies bedek met eiersous, warm of koud bedien.

slaphakskeentjies

.

28.) duimmuis (s.nw.)
Verhewenheid op handpalm, aan die voet van die duim; duimbal.

.

29.) koeterwaals (s.nw.)
Onverstaanbare brabbeltaal; gebroke taal: ‘n Soort koeterwaals praat wat geen mens verstaan nie.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar