fbpx

Taalvaardigheid Baie Beter. Gebruik Ingewikkelde Woorde

Feedback.3185717_std

Goeie dag Susan,

Ek hoop dit gaan goed met jou.

Ek wil net terugvoer gee, dit voel amper vir my soos ‘n wonderwerk. My kind het verlede jaar nog ongeveer 8 ure geleer/opgesom op ‘n Saterdag om deur sy werk te kom vir sy toets wat hy gewoonlik op ‘n Donderdag skryf. En dan moes hy nog die Woensdagmiddag voor die tyd ook omtrent die hele middag leer.

Hierdie jaar het ek hom gelos dat hy heeltemal op sy eie leer, en skielik leer/som hy op vir maksimum 2 ure op ‘n Saterdag en leer op ‘n Woensdag letterlik net 30 minute vir sy toetse op Donderdag! Dit is vir my ‘n groot verligting dat hy dus baaaie vinniger leer. Sy punte vir toetse/eksamens is vir my heel aanvaarbaar. Hy kom alles deur en doen beter in die vakke waarvan hy hou.

Verder is sy taalvaardigheid vir my baie beter. Hy gebruik meer ingewikkelde woorde wanneer hy praat, en dit verstom my soms, die woorde wat hy gebruik as hy praat. Sy spraak, wat letterlik al vir 10 jaar lank, van 3 jarige ouderdom af ‘n groot probleem was, is besig om dramaties te verbeter.

Ons wou hom aanvanklik by ‘n privaatskool vir ADD/ADHD inskryf vir hoërskool. Maar ek het hom verlede week by Hoërskool Waterkloof ingeskryf. En ek is baie opgewonde om te sien hoe hy daar gaan vorder.

So, ek wil vir jou dankie sê want daar is punte gewys nie ‘n groot verbetering nie (van laas jaar eerste kwartaal 64% tot die tweede kwartaal hierdie jaar 70%), maar i. t. v. spoed van werk en spraak, ‘n massiewe verbetering, ons is baie verlig!

Groete

‘n Baie dankbare mamma

Share Button

'n Dankbare mamma van Edublox Pretoria-Oos

Skip to toolbar