fbpx

Van Swak Leser tot Akademiese Presteerder

Feedback.3185717_stdIn graad 4 het ons gemerk dat Ruben se lees glad nie op standaard is nie, soveel so dat die opvoedkundige sielkundige voorgestel het dat hy m.b.v. amanuensis sy vraestelle moet skryf in die graad 4-eksamens.

Met behulp van Edublox het Ruben se punte baie verbeter en hy het ook meer selfvertroue met sy lees- en leerwerk. Spelling en kreatiewe skrywe het ook baie verbeter in Afrikaans sowel as English Language. Ruben het hard gewerk en sy akademiese balkie ontvang einde van graad 4.

Edublox help werklik ongelooflike baie met lees asook die leervakke. Meer as dit, is my kind nie meer “bang” vir lees nie en sy selfvertroue het soveel verbeter. Soos hy self sê, “Mamma ek is nie meer die swak of stadige leser in die klas nie.” Dit maak ‘n mamma se hart baie bly.

Charmaine Cordier


Ruben ontvang ere-kleure vir akademiese prestasie en sport aan die einde van 2015:

RC 1

Ruben se pragtige graad 5-rapport:

Ruben 2

Share Button

Charmaine Cordier Ruben se moeder

Skip to toolbar