fbpx

Nuutste Rapport is Fantasties!

Johan se punte was baie swak aan die einde van Graad 5 in 2019. Hy moes Graad 5 herhaal in 2020. Ons as grootouers was baie bekommerd oor sy vordering op skool. Sy gedrag was ook nie na wense nie. Ek het gehoor van Edublox, en ʼn afspraak met Marietha gemaak om te kyk of die program sal kan help. Na die evaluasie was ons oortuig dat dit die program is wat hy nodig het.

Gedurende die grendeltyd het Johan gereeld aanlyn-lesse gedoen deur Zoom saam met Marietha. Hy het ook ekstra hulp gekry deur ‘n dame wat hom na skool help met huiswerk en leerwerk. Hy was soms nie baie lus vir die werk nie (tipies kind!), maar het altyd sy volle samewerking gegee gedurende die lesse.

Johan se punte het drasties verbeter, so ook sy gedrag by die huis en by die skool. Sy lees en spelling het ook baie verbeter.

Barbara Robertson


Johan se rapport aan die begin van 2019 (voor Edublox):

Johan se rapport aan die einde van 2019 (voor Edublox):

Johan se rapport in die derde kwartaal van 2020, nadat hy by Edublox aangesluit het. Hy verbeter sy punte in amper elke vak! 

Johan se onderwysers doen verslag oor sy algemene vordering: 

Terugvoer van Johan se naskool-onderwyser: 

‘n Brief van Johan se ouma:

Share Button

Barbara Robertson Johan se Ouma

Skip to toolbar