fbpx

Luister en Onthou. Hoekom Ouditiewe Geheue Belangrik Is

Ouditiewe geheue‘n Swak ouditiewe geheue kan tot ernstige gevolge in die leerproses lei, skryf opvoedkundige terapeut Addie Cusimano in haar boek Learning Disabilities: There is a Cure.

“Aangesien leerders met ‘n swak ouditiewe geheue slegs brokstukke inneem van wat gedurende ‘n klasles gesê word, kan hulle vanselfsprekend ook min begryp van alles wat deur die onderwyser gesê is. Agterna kan hulle ook min, of niks, herroep van alles wat gesê is,” sê Cusimano.

“Leerders met ‘n swak ouditiewe geheue sal dit dikwels moeilik vind om ‘n goeie begrip van woorde te verwerf, of om terme wat mondeling vir hulle aangebied is, te onthou.

“Hierdie leerders sal dit ook moeilik vind om inligting, wat hulle self gelees het, te verwerk en te onthou. As ‘n mens lees, moet jy luister en die inligting verwerk wat jy aan jouself voorlees, selfs wanneer jy sag lees,” sê Cusimano.

Volgens Cyndi Ringoen, ‘n kundige in breinontwikkeling, is ‘n swak ouditiewe korttermyn-geheue dikwels die oorsaak van ‘n kind se onvermoë om met die klankmetode te leer lees.

“Die klankmetode is ‘n ouditiewe sisteem, en as daar tekortkominge in ouditiewe korttermyn-geheue is, sal dit die kind verhinder om met die klankmetode te leer lees,” sê Ringoen.

Volgens Ringoen moet ‘n kind ‘n ouditiewe geheuespan van byna ses hê om met die klankmetode geleer te word.

“‘n Mens se syferspan word algemeen beskou as ‘n goeie maatstaf van jou korttermyn-geheue,” sê Susan du Plessis, direkteur van opvoedkundige programme by Edublox. “Dit is die aantal syfers wat ‘n persoon in volgorde kan verwerk en herroep nadat hy dit een maal gehoor of gesien het.

“Om die ouditiewe syferspan van ‘n kind te toets, sê ‘n reeks syfers in ‘n monotone stem, met intervalle van een sekonde. Sê, byvoorbeeld, 6-1-5-8 en laat die kind dit herhaal. As hy kan, sê dan 9-2-4-7-5.

“Die kind moet in staat wees om ‘n reeks van vier syfers 75 persent van die tyd korrek te kan herroep met die eerste probeerslag om ‘n ouditiewe geheuespan van vier te hê. Dieselfde geld vir ‘n reeks van vyf, ses, sewe en agt syfers.”

“Ouditiewe geheue is waarskynlik die mees algemene leertekort, maar word dikwels oor die hoof gesien,” sê Addie Cusimano. “Deur my jare van toetsing het ek meer studente met swak ouditiewe geheue gevind as met enige ander leertekort, selfs onder dié studente wat ons nie sou klassifiseer as leergestremd nie. Daarbenewens, die meeste kinders met aandaggebreke en hiperaktiwiteit het ernstige ouditiewe geheue tekorte. Hierdie kinders het ‘n groot behoefte vir remediëring op die gebied van ouditiewe vaardighede.”

By Edublox verbeter ons leerders se leervaardighede, insluitend hulle ouditiewe geheue — korttermyn sowel as langtermyn.

Share Button
September 6, 2015

1
Leave a Reply

avatar
1 Comment threads
0 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
1 Comment authors
Sandra Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
Sandra
Guest
Sandra

Interessant

Skip to toolbar