fbpx

Oplossings vir Leesprobleme

Stel jou voor dat jy nie kan lees nie. Jou akademiese loopbaan sal nie verder gaan as hoërskool nie, wat jou kanse om jou ooit op te werk in die wêreld ernstig sal kniehalter.

Aangesien jy nie ‘n aansoekvorm kan invul nie, sal jy nooit sonder hulp kan aansoek doen vir ‘n werk nie. Jy sal nie met vriende kan korrespondeer nie, vir jou plesier kan lees of jou kinders met slaaptydstories bederf nie. Jy sal nie padtekens, die instruksies op ‘n medisynebottel, of die spyskaart in ‘n restaurant kan lees nie. In ‘n lesende wêreld sal jy dus eintlik ernstig gestremd wees.

Ongelukkig is leesprobleme ‘n werklikheid. Skokresultate toon dat Suid-Afrikaanse leerders konstant onderpresteer en nie net onder die swakste ter wêreld gereken word nie, maar ook onder die swakste in Afrika. Volgens Graeme Bloch, outeur van The Toxic Mix — What’s Wrong with South Africa’s Schools and How to Fix It, is 60% tot 80% van ons skole disfunksioneel: “They produce barely literate and numerate learners and (I) believe the country is headed for a national education crisis.”

Die gevolge

Volgehoue leesmislukking lei tot angs, verleentheid en frustrasie. “Reeds teen die einde van Graad 1 begin kinders wat moeilik leer lees minder positief oor hulself voel as toe hulle met skool begin het,” sê Dr G Reid Lyon, ‘n gewese navorser van die Nasionale Instituut vir Gesondheid (NIG) van die VSA. “Soos ons kinders volg deur laer- en hoërskooljare verswak hulle selfvertroue en die motivering om te lees selfs verder.”

“Skooluitsakkers, tienerswangerskappe, swak akademiese prestasie, misdaad — dit alles is uiteindelike gevolge van die onvermoë om te leer lees,” vervolg Lyon. Meer as drie dekades se navorsing deur die NIG het bevind dat uit die 10 tot 15 persent van kinders wat skool voortydig verlaat, meer as 75 persent leesprobleme het.

Vind die oorsaak

Tensy mens weet wat ‘n probleem veroorsaak, kan mens dit nie oplos nie. ‘n Siekte soos skeurbuik het die lewens van derduisende matrose op lang seereise geëis. Die siekte is vinnig hokgeslaan toe die oorsaak van die probleem, naamlik ‘n tekort aan vitamien C, ontdek is. ‘n Goeie vertrekpunt sal dus wees om die vraag te vra: Wat veroorsaak leesprobleme?

Om die oorsaak van leesprobleme te verstaan, is dit belangrik om te weet dat leer ‘n laagsgewyse gebeure is. Leer vind trapsgewys plaas. Jy moet eers een ding kan doen voor jy ‘n volgende kan bemeester. Daar is sekere grondvaardighede waarop lees berus en wat ‘n kind moet baasraak voordat hy kan leer lees, anders gaan hy leesprobleme hê.

Grondvaardighede moet nie verwar word met prosesse, strategieë of tegnieke nie. Die verskil tussen hierdie begrippe kan maklik aan die hand van rugby geïllustreer word. Om rugby te kan speel, moet ‘n persoon eers die grondvaardighede van rugby bemeester het, soos byvoorbeeld om ‘n bal te kan vang, te kan uitgee en te kan skop. Slegs daarna kan hy strategieë of tegnieke geleer word.

Grondvaardighede van lees

Share Button

1
Leave a Reply

avatar
1 Comment threads
0 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
1 Comment authors
Nicoleen Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
Nicoleen
Guest
Nicoleen

Kan julle my asb kintak stel belang . Groete Nicoleen

Skip to toolbar