fbpx

Swak Konsentrasie nie Altyd die Oorsaak van ‘n Leerprobleem

Wanneer dit kom by leerprobleme, het konsentrasie die swartskaap geword. Dit maak nie saak waarmee ‘n  kind vandag op skool sukkel nie, ‘n gebrek aan konsentrasie word blameer. 

Daar is ander redes as swak konsentrasie waarom ’n kind byvoorbeeld stadig werk, opdragte nie kan onthou nie en verkeerd afskryf van die bord. Weet jy wat hierdie ander oorsake is?

Toets jou kennis van simptome vs. oorsake

Hieronder volg ‘n oefening waar jy die simptome van leerprobleme en hulle oorsake bymekaar moet pas. Aan die linkerkant is die Simptome, byvoorbeeld, “Leerder kry volpunte vir ‘n speltoets maar spel woorde net ’n paar dae later weer verkeerd”, en dan die Waarskynlike oorsake aan die regterkant… maar al die waarskynlike oorsake is geskommel. Pas die twee kolomme bymekaar, byvoorbeeld 1-B, 2-J ensovoorts. Hou ons Facebook bladsy en webtuiste dop vir die oplossing!


 Gratis vraelys: Simptome vs. Oorsake


SIMPTOME TEENOOR OORSAKE

Simptoom Waarskynlike oorsaak
1. Leerder kry volpunte vir sy speltoetse maar spel die woorde net ‘n paar dae later weer verkeerd.A. Swak visie en/of visuele korttermyngeheue.
2. Wanneer gekonfronteer word met vier vorms wat eenders is en ‘n vyfde wat effens verskil, vind die leerder dit moeilik om te sê watter vorm nie pas nie.B. Interpretasie van posisie-in-die-ruimte.

 

3. Sukkel om dinge in volgorde te leer, soos bv. dae van die week, maande van die jaar, en die alfabet.C. Verdeelde aandag en werkende geheue swak.
4. Kan letters korrek klank maar kan dan nie die letters saamvoeg in ‘n woord nie. Sal byvoorbeeld k-a-t klank maar dan koud sê.D. Visuele diskriminasie van vorms.
5. Dagdroom.E. Gebrek aan kreatiwiteit.
6. Kan nie opdragte wat nou net gesê is onthou nie.F. Swak visuele geheue.
7. Leerder se punte ry vreeslik wipplank.G. Ouditiewe analise.
8. Ken klanke maar sukkel om sigwoorde te leer.H. Diskriminasie van voorgrond-agtergrond.
9. Skryf verkeerd van die bord af.I. Swak langtermyngeheue.
10. Woordherkenning is goed maar leesbegrip swak.J. Swak ouditiewe korttermyngeheue.
11. Kan nie klanke weglaat om ander woorde te vorm nie, byvoorbeeld slang sonder [s] = langK. Werkende geheue en/of logiese denke.
12. Vind dit moeilik om twee dinge gelyktydig te doen, soos om te luister en notas te neem.L. Gefokusde aandag en volgehoue aandag.
13. Omruilings van b/d/p/q.M. Ouditiewe sintese.
14. Sukkel met skryf van opstelle en praatjies uitwerk.N. Swak reeksgeheue.
15.Verloor plek as lees.O. Emosionele probleme.

.

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar