fbpx

Tegnologie Kan Nie Leerprobleme Oplos Nie

Learners in computer class.Namate tegnologie ’n toenemende element van ons daaglikse lewens word, sal opvoedkundige spesialiste bymekaar kom en bespreek hoe om dit die beste in skole te inkorporeer. Tegnologie kan egter nie leerprobleme oplos nie, waarsku Edublox.

Susan du Plessis, Direkteur van Opvoedkundige Programme by Edublox, sê daar is geen twyfel dat tegnologie ’n waardevolle hulpmiddel is wanneer dit by leer kom nie, en dat daar baie opvoedkundige voordele daaraan verbonde is. Sy sê egter dat onderwysers en ouers versigtig moet wees en tegnologie as ’n leerhulpmiddel op die regte tyd en plek en ook volgens ’n kind se behoeftes en vermoëns aan hom/haar moet bekendstel.

Sakrekenaars, wat vir baie jare al as die mees basiese tegnologie in die klaskamer beskou word, word nie ingesluit in Graad 1 of Graad 2 se skryfbehoeftelyste nie. Du Plessis sê die rede daarvoor is dat kinders eers ’n fundamentele begrip van nommers, tel, optel en aftrek nodig het voordat tegnologie as ’n ‘kortpad’ gebruik kan word. Du Plessis sê voorts dat ouers en onderwysers daarop behoort te let dat tegnologie nie onderrigbystand vir kinders met leerprobleme kan vervang nie.

Rekenaarprogramme wat ontwerp is om oogbewegings te verbeter, word nou oor ’n wye spektrum as ’n intervensie-hulpmiddel vir leesprobleme gebruik. Alhoewel oogbewegings belangrik is by lees, waarsku Lizelle Loock,’n oogkundige van Paarl dat die verbetering van oogbewegings nie ’n leesprobleem sal oplos nie. Woordeskat, letterklanke en kennis van spelreëls moet eers vasgelê word voordat lees kan verbeter; slegs nadat hierdie elemente onder beheer is, kan ons rekenaarleesprogramme bekendstel om leesspoed te verbeter, sê Loock.

Du Plessis voeg by dat kognitiewe vaardighede soos gefokusde aandag, visuele en ouditiewe prosessering, geheue en logiese denke ook ontwikkel moet word voordat effektiewe lees kan plaasvind.

Rekenaar-gebaseerde leesassesserings kan vir ouers ’n vals gevoel van gerusstelling aangaande hul kind se leesvaardighede gee, sê du Plessis wat opgelet het dat aandag en geheue negatief deur tegnologie geaffekteer is. Sy sê dat kinders nie meer oor die geheuevaardighede beskik waaroor hul vroeër beskik het nie en dat tegnologie ’n rol hierin speel. Die gemak waarmee inligting deesdae opgespoor kan word, maak dit vir kinders belangriker om te weet waar om te kyk as om iets eintlik te memoriseer.

Studies het bevind dat dit voordeliger vir langtermyngeheue en begrip is om uit ’n boek te lees as om van ’n skerm af te lees.* Dele van die brein word ontwikkel deur handskrif te oefen, iets wat ‘touch-screen’ tegnologie nie kan bied nie. Daar is waarde daarin om met die hand te skryf, sê du Plessis. Dit help ons om ons breine aan die gang te kry en idees te genereer, meer as wat tik op ’n skerm doen en dit help met konseptuele begrip.

’n $10 Miljoen studie** wat 15 rekenaargebaseerde lees- en Wiskunde programme, 9 424 leerders en 439 onderwysers by 132 skole in die Verenigde State insluit, het geen verskil in akademiese prestasie gevind tussen studente wat tegnologie in hul klaskamers gebruik het, en kinders wat ander metodes gebruik het nie.

Wenke vir ouers

• Moenie op ’n rekenaarprogram staatmaak om jou kind se leesvaardigheid, leesspoed en begrip te assesseer nie. Maak gebruik van wetenskaplike leesassesserings wat deur ’n gekwalifiseerde spesialis afgeneem word.

• Maak seker dat jou kind gereeld vir jou hardop uit ’n boek van sy/haar eie keuse lees. Vra vir hulle vrae om hul vlak van begrip oor wat hulle sopas gelees het, vas te stel.

• Monitor die tyd wat jou kind deurbring deur na ’n skerm te kyk vir opvoedkundige redes of ontspanning, hetsy dit ’n TV, rekenaar, iPad of selfoon is. Skool kan baie vervelig wees vir ’n kind wat die hele tyd aan tegnologie blootgestel word.

• Lig vanaf skerms saans onderdruk melatonienvlakke, ’n hormoon wat jou slaap en wakker siklusse help beheer. Laat jou kind ’n gedrukte boek voor slaaptyd lees.

• Wanneer jou kind ’n goeie leser is, gebruik rekenaartegnologie om sy/haar horison te verbreed en leer hulle om te spoedlees.

 

* https://bit.ly/2PsYJ5O
** https://bit.ly/31Y3XJs

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar