fbpx

Boekpryse vir Beste Vordering

Feedback.3185717_stdDr Jan Strydom

Net ‘n paar woorde om te vertel van ons goeie vordering in ons Audiblox-klasse. Ons skool gee jaarliks in die Junior en Senior Primêre-klasse ‘n boekprys vir die kind wat deur die jaar die beste vordering getoon het in hul skoolwerk. Die sewe kinders wat genomineer was vir hierdie toekenning, was almal Audiblox-kinders. In die Junior Primêre klas (A-I) het Shelton Key die toekenning gekry. In die Senior Primêre klas het Reinette du Plessis dit gekry. Van hierdie kinders het tot soveel as 11% deur die jaar gestyg in persentasie! Voorwaar ‘n lieflike Kersgeskenk. Ek wil dan ook graag vir u dankie sê vir die jaar se samewerking.

‘n Aangename feesgety vir u en u gesin toegewens. ‘n Voorspoedige 1989 ― mag daar vele sukses vir ons almal wag.

Groete
Mev. C.G.C. Breedt

Share Button

Mev. C.G.C. Breedt Tutor

Skip to toolbar