fbpx

Edublox EASY Verander Thando se Lewe

Thando

Sedert gr. 1 het Thando verskeie probleme in die skool ondervind. Al sy onderwyseresse het ons as ouers ingelig dat daar niks met Thando se intelligensie skort nie, “hy is net lui”. Ons het verskeie goed probeer: 18 maande Edublox, ‘n kursus by BioLink en spelterapie het geen verskil gemaak nie. Ons het hom laat toets vir disleksie – negatief, hy het ‘n bril gekry en is uiteindelik met ADD gediagnoseer. Ritalin is voorgeskryf, maar dit het my kind in ‘n zombie verander en ons het dit dus gestaak. Geen natuurlike middels, niks wat ons probeer het, het gewerk nie. Hy was konstant in die moeilikheid by die skool. In gr. 4 probeer ons Concerta. Ten spyte van ‘n al groter wordende dosis Concerta kom Thando gr. 4 net-net deur.

In gr. 5 gaan dit nie beter nie en ons gaan sien ‘n opvoedkundige sielkundige. Sy is nie oortuig dat Thando ADD is nie en beveel arbeidsterapie aan. ‘n Jaar se arbeidsterapie maak ook geen verskil nie. Thando moet gr. 5 herhaal en ons sit met ons hande in ons hare en ons kind se selfbeeld in flarde. Toe ons sy gehoor laat toets word bevind dat hy bo normale gehoor het. Hy hoor ALLES  – hy hoor die maatjie wat uitvee langs hom en die twee maatjies drie banke verder wat saggies fluister en die juffrou wat ‘n ander maatjie by haar tafel help en meneer wat in die gang verby stap – en dit belemmer sy konsentrasie.

Ons besluit om vir Louna te gaan sien en die EASY program te probeer. Ons stop alle medikasie. Die eerste twee kwartale moes hulle baie hard werk aan gedragsprobleme wat hy ontwikkel het om te probeer “cope” in die hoofstroom skool. Geel kolle vir swak gedrag het op ‘n gereelde basis voorgekom, maar juffrou Ilze en Louna was altyd positief. Wat ‘n wonderlike ervaring vir ‘n ma wat al te bang was om haar kind by die skool te gaan haal, want dan moet sy weer hoor wat haar kind alles verkeerd gedoen het die dag.

In die derde kwartaal begin dinge draai. Die groen kolle raak al hoe meer, sy lees verbeter en wiskunde wat glad nie vir hom sin gemaak het nie is nou sy gunsteling vak! Sy houding teenoor sy skoolwerk verander vanaf “Dit is te moeilik, ek kan dit nie doen nie” na “Ek is ‘n genius”. Sy punte verbeter vanaf ‘n gemiddelde van 36,5% vir die derde kwartaal in 2016 tot 69.17% vir die derde kwartaal van 2017.

Baie dankie aan Louna, Juf Ilze en die res van die EASY span. Na ‘n lang en moeilike pad wat ons met Thando geloop het, het ons uiteindelik sukses behaal!!

Jenny van Zyl


Thando se 2016 rapport:

Thando se 2017 rapport:

 

 

Share Button

Jenny van Zyl Thando se moeder

Skip to toolbar