fbpx

Edublox Witbank Help Bianca om Beter te Presteer

Bianca

Edublox het vir Bianca selfvertroue gegee en ‘n nuuskierigheid om te wil lees en leer.

Sy is nou al vir 5 maande besig met haar Edublox-program en my kind beweeg van krag tot krag. Sy kommunikeer met soveel meer selfvertroue en opgewondheid oor haar skoolwerk en waar sy nooit wou lees nie, sal jy haar nou gereeld met ‘n iets te lees in die hand sien.

Sy het ook soveel nuwe tegnieke geleer met die studiehulp-kursus en met jou onvoorwaarlike omgee, hulp en ondersteuning het my kind ‘n sukses van haar eksamen gemaak.

Edublox is ‘n goeie program, aangebied deur wonderlike omgee-mense.

Dankie weereens vir al jou moeite en opregte omgee en bystand.

Groete,

Yvette du Plessis

Share Button

Yvette du Plessis Bianca se moeder

Skip to toolbar