fbpx

Emma Is Nou Lief vir Hardop Lees

  • Emma is gediagnoseer met ADD, disleksie en diskalkulie.
  • “Sy het gesê die kinders raas en sy weet nie hoe om die werk te doen nie, sy dink sy is dom,” skryf Christi, Emma se ma.
  • Haar angs het verbeter en sy is weer lief vir skool en lees. Soveel so dat sy dit geniet om hardop te lees vir haar ouers of oumas.

Emma se ma vertel haar storie:

Ons het reeds toe Emma 5/6 jaar oud was vermoed sy is aandagafleibaar. Sy is Gr. 1 toe en het met groot gesukkel deur elke dag se huiswerk gekom. Lees het ure geneem.

Skool het ‘n uitdaging geword, sy wou nie meer gaan nie. Sy het gesê die kinders raas en sy weet nie hoe om die werk te doen nie, sy dink sy is dom. Ons het haar toe na ‘n ontwikkelingspediater geneem en toe kom die skok: Emma het ADD, disleksie en diskalkulie.

Ons het by ‘n vriendin gehoor van Edublox en haar dadelik ingeskryf vir ekstra lees en wiskunde. Tog het die druk by die skool te veel geword en Michelle het besluit on Emma by die Easy Program in te skryf.

Haar emosionele welstand was nou vir ons belangrik, want sy was baie negatief en ongelukkig oor skool. Ons is Gr. 2 2de kwartaal uit hoofstroom skool uit, en Emma het begin met die Easy Program.

Emosioneel het dit elke dag beter met haar gegaan. Haar angs het verbeter en sy was weer lief vir skool. Die persoonlike aandag het bygedra tot die bevrediging van my kind se sukses en geluk. Haar lees en spel het so baie verbeter en sy geniet dit om hardop te lees vir ons of die oumas. Selfs die sielkundige is verstom oor die vordering wat Emma gemaak het.

Ons is so bly dat Edublox oor ons pad gekom het en sal dit sterk aanbeveel vir enige iemand wat raadop is en hulp nodig het.

Cristi Rautenbach
.
.

*Emma het Edublox Bethlehem bygewoon.

Share Button

Cristi Rautenbach Emma se Moeder

Skip to toolbar