fbpx

Engels Verbeter met ‘n Verstommende 17%

tristan
Tristan

Hi Susan

Ek skryf met die grootste vrymoedigheid hierdie getuigskrif oor die impak wat Edublox op my seun (10) het. Tristan het aanvanklik (Graad R en 1) geen probleme met spel en klank gehad nie.  Eintlik, toe sy sussie (wat ook op 6 met groot sukses Edublox gedoen het) met klanke in Graad R gesukkel het, kon hy alles doen wat sy nie kon doen nie. Dus het ek altyd gedink sy latere spelprobleme sou eendag net self regkom en dat dit dalk toegewys kon word aan ‘n minder gelukkige ondervinding in een van sy laer grade.

Nodeloos om te sê, teen die middel van Graad 4 het ek besef hier is probleme en dat dit nie net vanself, ten spyte van baie oefening gaan regkom nie. Ek het weer onthou hoe goed Edublox vir ons dogter was en besluit om dit weer te probeer. Ek glo nou natuurlik mens moet dit in elk geval doen teen die tyd wat ‘n kind 8 is, al sukkel hulle nie eers nie. Ek kan net getuig dat Tristan in die eerste plek nou uit sy eie boek lees omdat hy uiteindelik danksy Edublox met begrip lees, maar tweedens het sy Afrikaanse punt met 5% gestyg en sy Engels met ‘n verstommende 17%. En dit van 4 maande se Edublox. Daar is geen ander rede wat ek daaraan kan toeskryf nie en ek wil julle bedank vir die feit dat dit lekker is vir hom om Edublox toe te kom, selfs al is dit op ‘n Vrydagmiddag!

Baie dankie

Elize Buitendag


tristan-2

Share Button

Elize Buitendag Tristan se moeder

Skip to toolbar