fbpx

‘n Ereplek in Ons Skool

Feedback.3185717_stdIn die verlede kon onderwysers opleiding ontvang om die ouer weergawe van ons program, Audiblox, in skoolverband aan te bied. Weens verskeie redes, vernaamlik kwaliteitsbeheer, word hierdie opleiding nie meer aangebied nie. Tog het hierdie opleiding ‘n verskil in baie kinders se lewens gemaak:   

20 Augustus 2000

Geagte Vriend

Audiblox: Laerskool Standerton

Die probleem:

Ons as onderwysers was baie bekommerd oor die groot aantal leerlinge in ons skool wat een of ander “leerprobleem” gehad het. Dit het gewissel van swak lesers, swak klank en woordherkenning, kort aandagspan, omkerings, lateraliteit ens. Ons was al reeds baie lank met ‘n tradisionele RO-program in die skool besig, maar die resultate was maar skraps. Ons was dit almal eens dat ons iets drasties aan hierdie, al groter wordende probleem moet doen.

Die oplossing en uitkoms:

Ons het gehoor van Audiblox en gaan ondersoek instel. ‘n Voorspan is gestuur om opleiding te gaan ontvang in Pretoria wat deur Dr. Jan Strydom self aangebied is. Na die kursus was die kursusgangers oortuig dat ‘n oplossing gevind is. Die hele Jnr. Departement het toe die opleiding ondergaan.

Audiblox is toe op die volgende wyses by die skool aangebied. In die eerste jaar het al die leerders vanaf Gr.1 tot Gr.3 elke dag een periode Audiblox ontvang. Die daaropvolgende jaar en tot nou ontvang al die Gr.1-leerlinge een periode per dag, vyf dae ‘n week, Audiblox.

Die res van die leerlinge wat probleme ondervind het, (Gr.1 tot Gr.3 ingesluit) het die geleentheid gehad om in die middag Audiblox te neem. Selfs die leerlinge wat spontaan aan Audiblox deelgeneem het, wat reeds goed presteer het, het nog beter presteer.

Na drie jaar was die resultate so goed, dat die behoefte en nood na Audiblox omtrent verdwyn het. Ons skryf dit ook grootliks daaraan toe dat elke leerling in Gr.1 die geleentheid kry  aan om die program deel te neem, sodoende word daar in ‘n groot mate voorkomend opgetree.

Audiblox word reeds vir vier jaar in Laerskool Standerton aangebied.

Ten slotte:

Audiblox word in Laerskool Standerton deur die onderwysers en ouers as ‘n groot bate beskou. Dit het beslis ‘n ereplek in ons skool, omdat ons kan sien wat dit vir kinders beteken – kinders met leerprobleme en presteerders.

Groete

Get. deur die Hoof en D.P.O.

Share Button

H. A. Martins en A. Coetzee Hoof en D.P.O

Skip to toolbar