Gemiddeld Styg Met 18%, Afrikaans Met 21%; Wiskunde Met 45%

From: Christelle <[email protected]>
Sent: 27 November 2018 01:54 PM
To: Monique van Heerden <[email protected]>
Subject: GETUIGSKRIF VAN CHANÉ VAN JAARSVELD

Aan Edublox

GETUIGSKRIF OOR VORDERING VAN:

Chané Van Jaarsveld – Gr7
Laerskool Roodekrans

Hiermee wil ek my dank betuig aan Edublox.

Chané moes haar Gr.7 toer (wat in Julie plaasgevind het) prysgee a.g.v. die feit dat sy haar eerste 2 kwartale gedruip het (Afrikaans onder andere).

Na ons haar vir evaluering na Edublox geneem het, het hulle vasgestel dat sy sukkel met lees. Sy het intensiewe onderrig gekry vir die week van die toer (skoolure) en daarna 2 keer ‘n week ‘n uur en ‘n half.

Chané het haar volle samewerking gegee en die eindproduk kan duidelik op haar rapport gesien word. Sy het met amper 20% gestyg met haar gemiddeld en haar Afrikaans en Wiskunde het baie verbeter (21% en 45%).

Ek sal Edublox aan enige ouer aanbeveel vir ‘n kind met leerprobleme.

Nogmaals dankie aan Edublox vir jul opoffering en ondersteuning met Chané.

Vriendelike Groete
Christelle Van Jaarsveld

 

Share Button

Christelle Van Jaarsveld Chane se Moeder

Skip to toolbar