fbpx

Groot Verbetering in Skoolwerk, Werkstempo en Konsentrasie

ca
Christian

Christian se onderwyseres het op 23 April 2009 by die oueraand vir ons ingelig dat dit glad nie goed gaan in die skool met hom nie en dat sy nie kan sien dat hy Graad 3 gaan deurkom nie. Sy het gesê hy werk te stadig en verstaan nie werkopdragte nie. Hy kom ook nie aan die gang met werk in die klas nie. Sy leesspoed was ook nie na wense nie. Sy eerste kwartaal rapport het net 1’s en 2’s opgelewer. Dit was natuurlik ‘n groot skok want niemand het nog tevore vir ons gesê hy het ‘n probleem in die skool nie.

Ek en my man het besluit dat ons iets moet doen om hom te help en ek het op die internet rondgekyk en op Edublox afgekom. Tydens sy evalueringsafspraak het Susan vir my gesê ek moet nie bekommerd wees nie, Christian sal nie Graad 3 druip nie. Christian het op 16 Mei 2009 by Edublox begin.

Sy tweede kwartaal rapport het ‘n verbetering in 19 leer areas getoon. Dit was maar omtrent 3 maande vandat hy by Edublox begin het, alhoewel sy onderwyseres steeds op sy rapport aangedui het dat hy nie voldoen aan die slaagvereistes nie. Na die Oktobervakansie het my man sy onderwyseres geskakel om uit te vind hoe Christian vorder. Sy was skielik baie positief en het gesê daar is ’n groot verbetering in sy skoolwerk, werkstempo en konsentrasie, hy verstaan die werk beter en as hy so aanhou sal hy wel deurkom. Daar was ‘n wesenlike verbetering in die groot probleem area van algemene wiskunde, waar hy hoofsaaklik slegs 1’s kon kry vir die grootste gedeelte van die jaar. Hier het hy egter verbeter tot 2’s en selfs 3’s op al hierdie spesifieke leerareas.

Wat opmerklik was is hoe baie Christian die klasse geniet het en hoe hy self tot die besef gekom het dat sy deelname elke Saterdag bydra tot sy ontwikkeling. Hy het die tuisoefeninge daagliks en getrou gedoen. Hy het selfs sy huiswerk onafhanklik begin doen en dit reeds in die middag voltooi — iets wat hy nooit tevore gedoen het nie. Dit was duidelik dat sy selfvertroue om sy werk self te doen en in die algemeen, beduidend verbeter het. Waar daar eens twyfel was oor of hy sal slaag, kan ons nou met vertroue uitsien na Graad 4.

Afskrifte van sy werkboek in die klas is aangeheg en die vordering kan duidelik gesien word.

Die enigste area waaroor daar nog steeds kommer is, is algemene wiskunde. Dit behels vermenigvuldinging, deling, woordprobleme, grafieke, tyd, geldsomme,breuke. Die verbetering hier is egter genoeg om te verseker dat hy hierdie area ook baas kan raak.

Ons wil Susan en die Edublox span bedank vir al hulle toewyding en harde werk — meer spesifiek dat Susan haar belofte dat Christian nie Graad 3 sal druip nie, gestand gedoen het.

Lorinda Appelgrein
Desember 2009


Voorbeelde van Christian se skoolwerk, Januarie tot Mei 2009, voordat hy by Edublox aangesluit het: Klik hier.

Voorbeelde van Christian se skoolwerk, Oktober tot November 2009: Klik hier.

Christian se rapport: Klik hier.

Share Button

Lorinda Appelgrein Christian se moeder

Skip to toolbar