fbpx

Hanro se Lees Verbeter van 4/7 na 7/7

Ek was raadop…

Leestyd in ons huis, selfs al was dit net 10 woorde, was net ʼn gehuil. Ek en my arme kind was elke dag in trane want hy kon nie lees nie — al het hy hoe hard probeer en al het ek al die raad om my gevolg.

Toe, op ʼn dag, stel my vriendin voor ek vat Hanro na Edublox toe. Ek was eers skepties, maar besluit toe ek MOET alles probeer om my kind te help.  Ek het ingeskryf en met die eerste les al het hy met die grootste glimlag op sy gesig na my toe gekom. Hanro geniet dit ongelooflik baie en sy selfbeeld is soveel beter!

Dit is vir my as ouer amazing om te sien hoe ongelooflik baie hy verbeter het in net 3 maande! Hy lees vir sy kleiner boetie stories, skryf vir my en pappa briefies en op sy rapport het hy van ʼn 4 die vorige kwartaal gevorder na ʼn 7!

Baie, baie dankie aan almal by Edublox! Julle het lees en leer tyd in ons huis lekker gemaak!

Tanya en Hanro – 10 Oktober 2019


Verbetering in Hanro se skoolboeke is reeds sigbaar teen einde Augustus 2019:

Hanro se juffrou skryf in Oktober 2019:

Hanro se rapport — van ‘n 4/7 vir lees na 7/7:

Share Button

Tanya van Emmenes Hanro se moeder

Skip to toolbar