fbpx

Liane Nou Lief vir Lees en Leer

Aan die einde van Gr 1, 2015, het Liane se juffrou genoem dat Liane moontlik letters omruil, dat sy gedink het dit sou vanself regkom, maar dat Liane steeds sekere letters omgeruil het en gesukkel het met lees. Die juffrou het voorgestel dat Liane na ‘n spraakterapeut gaan vir assessering.

‘n Vriendin se dogter was by Edublox en sy was baie tevrede. Ek het toe eerder op Edublox as ‘n spraakterapeut besluit. Liane is aan die begin van 2016 geasseseer en het bitterlik swak getoets – ver ondergemiddeld. Dit was natuurlik ‘n reuse-skok, veral aangesien sy baie goed presteer het gedurende Gr 1, met meestal 7’s en hier en daar ‘n 6. Ek het wel opgelet dat sy b en d’s uitdagend vind en dit glad nie geniet om te lees nie.

Nou, aan byna die einde van Gr 2, kan ek ‘n met oortuiging sê dat, alhoewel daar steeds nou en dan ‘n letter omgeruil word, Liane dit dadelik besef – asof sy ongemaklik is met die woord – sy kan die fout herken en korrigeer. Sy het ook selfvertroue met lees, in Afrikaans sowel as Engels. Ek let ook op dat haar korttermyngeheue uitstekend is en partroonherkenning maklik kom. Daarvoor is ek baie dankbaar aan Edublox, aan Susan en haar span.

As ‘n kind nie kan lees nie, kan daardie kind nie leer nie… Liane lees nou graag en geniet Wiskunde en woordsomme. Liane het uitstekend presteer die jaar – steeds met hoofsaaklik 7’s en hier en daar ‘n 6. Hierdie jaar weet ek wel dat sy met insig geleer het en in 2017 sal voortbou op hierdie sterk fondament.

Elani van Zyl


Liane se Graad 2 rapport:

SKAAL:
 7: 80-100%, Uitmuntend
 6: 70-79%, Verdienstelik
 5: 60-69%, Beduidend
 4: 50-59%, Voldoende
 3: 40-49%, Matig
 2: 30-39%, Basies
 1: 0-29%, Ontoereikend

rapport

Share Button

Elani van Zyl Liane se moeder

Skip to toolbar