fbpx

Ongelooflik Verbeter en Lees met die Nodige Aksent

malan
Malan

Ek was besorg omdat Malan se vordering in die eerste kwartaal feitlik niks was nie. Ek het opgemerk dat hy nie kan konsentreer nie en nie wil stilsit en luister nie. Ek het besef dat hy op die een of ander manier ekstra aandag moet kry. Ek het aangebied dat hy in die middae by my moet kom lees (tuis by hom is nog twee kleiner boeties wat sy aandag aftrek). Kort nadat hy by my kom lees het, het ek in die Rooi Rose gelees van die leermetode en toe dadelik Dr. Strydom geskakel en plek bespreek by die Kaapse Technikon vir 3 Augustus ‘91 se werkswinkel van die Sentrum vir Disleksie. Malan se ma en ek het dit saam bygewoon.

Malan is nou byna 4 maande besig met die program. Hy het meer selfvertroue en gesels graag met my oor die bedrywighede by die skool. Hy het aanvaarlik baie gesukkel met lees maar het algaande beter begin lees. Ek dink hy het in die laaste paar maande ongelooflik verbeter en lees al regtig mooi – ook met die nodige aksent. Soms is hy nog lui vir sy lessie maar doen dit tog elke middag getrou. Hy het so merkswaardig verbeter dat ‘n paar van die onderwyseresse en ‘n paar ouers my een middag kom sien het om meer oor die metode te gesels.

In die begin kon Malan skaars 2 kleure langs mekaar onthou en nou kan hy al soms tot 8 kleure blokkies onthou. Malan het ‘n baie mooi geaardheid en is baie hulpvaardig en met die pragtige vordering het hy sommer ‘n lewendige belangstelling begin toon in sy skoolwerk. Hulle noem hom nou die ‘ster’ in die klas want ons is almal verbaas oor die verbetering.

Mev C Cillie

Share Button

Mev C Cillie Malan se moeder

Skip to toolbar