fbpx

Reuse, Positiewe Verandering in Sy Houding teenoor Lees

Dewan het in sy eerste jaar in die laerskool relatief goed gevaar en ons as ouers was nie werklik bekommerd dat hy in enige van die areas van skoolonderrig sukkel of nie op standaard is nie.

Dit het egter nie dieselfde geblyk te wees teen die middel van graad twee nie. Skielik het hy gesukkel om eenvoudige woorde (bv. dit, was, hoe) te lees, alhoewel hy die langer woorde met gemak kon lees. Hy het al meer woorde geklank voordat hy die woord gelees het en het ook “b” en “d” klanke omgeruil. Ook op sy rapporte kon ons duidelik sien hoe sy punte verswak in geletterdheid en telkens het sy klasjuffrou voorgestel dat hy meer moet lees.

Wel, dit was dan die oplossing: ek moes elke dag ekstra leeswerk met hom doen. Teen die einde van die eerste week wat ons hierdie ekstra leeswerk gedoen het, het ek besef dat ek as ouer nie die nodige vaardighede het om hierdie taak suksesvol deur te voer nie. Die middae het ontaard in ‘n onaagenaamheid: ek probeer Dewan dwing om te lees, en hy in reaksie weier om te lees. Ek het besef dat hierdie manier geen vordering teweeg bring nie en dat Dewan ook geen liefde vir lees hierdeur gaan aanleer nie.

Dit was tyd om professionele hulp in te roep. Edublox was die ideale oplossing. Ek het ‘n jaar of wat gelede van die Lees- en Leerkliniek gelees en hulle opgespoor. Ook was die kliniek naby die skool en maklik toeganklik.

Ons het Dewan in Augustus 2009 vir ‘n volledige evaluasie na die kliniek geneem. Die uitspraak was om die minste te sê verstommend! Die onderliggende redes vir sy leesprobleme was onder andere sy persepsie vir rigting (rede vir die verwarring met die “b” en “d” klanke), en ouditiewe geheue.

Die kliniek het aanbeveel dat Dewan een maal ‘n week van hul klasse bywoon en ons het oefeninge gekry om by die huis te doen wat sy onderliggende leesprobleme aanspreek. Die tydsduur van die oefeninge was kort, maar baie effektief. Skielik was daar nie meer ‘n negatiewe konnotasie met die leeshuiswerk nie.

dewanVerbetering

Die verbetering het nie oombliklik ingetree nie. Dewan het die Edublox klasse aan die einde van die derde kwartaal begin bywoon en uiteraard het dit nog nie enige verbetering op sy rapport vir daardie kwartaal aangedui nie. Ons het egter vasgebyt en teen die einde van die vierde kwartaal het die verbetering duidelik gewys.

Dewan het selfs nou op sy eie boeke by die mediasentrum gaan haal en gelees sonder dat ek hom moes aanmoedig om te lees. Dit was vir ons die eerste teken van ‘n groot deurbraak. Behalwe vir die verbetering in sy leesvermoë, was daar ‘n reuse, positiewe verandering in sy houding teenoor lees.

Caren Cruywagen


Dewan se rapport, derde kwartaal 2009:



Dewan se rapport, vierde kwartaal 2009:

 

Share Button

Caren Cruywagen Dewan se moeder

Skip to toolbar