fbpx

Sy Het die Plesier van Lees Ontdek!

Feedback.3185717_stdAan Susan en die Edublox personeel,

Baie dankie vir dit wat julle vir ons gedoen het, in vyf maande se tyd het ons kind (Ariatha) ‘n gedaantewisseling ondergaan. Dit was en is nog steeds pure plesier om haar dop te hou hoe sy verander het oor die laaste tyd. Haar selfvertroue het sommer net toegeneem. Daar het ‘n rustigheid in haar gekom waaroor ons julle ewig dankbaar sal wees.

Ariatha was vyf maande gelede stil, teruggetrokke, glad nie gemotiveerd om te lees nie en traag met haar skoolwerk; nou kan sy amper nie ‘n boek neersit nie!

In die tyd wat ons besig was met Edublox kon ek definitief by Ariatha ‘n meer gefokusde houding sien; waar sy vroeër ‘n korter konsentrasievermoë gehad het, het dit ook drasties verbeter.

Haar skrif het van ‘n ongeorganiseerde bol letters na ‘n meer stabiele, gefokusde skrif verander. Dit is so ‘n plesier om haar dop te hou en te sien hoe sy sommer in twee weke se tyd, twee “groot” boeke deurgelees het met begrip. Sy het die plesier van lees ontdek, met die hulp van Edublox. Ons werk nog aan die spelling, maar dit het ook aansienlik verbeter.

Dankie aan die personeel van Edublox

Karen Grobler
082 922 5035

Share Button

Karen Grobler Ariatha se moeder

Skip to toolbar