fbpx

Van 68% Gemiddeld na 87%; Van Sukkel om te Lees na “Slimkop”

Tydens die eerste grendeltydperk was ek as ouer genoodsaak om my seun JP Cromhout te help met sy skoolwerk. Vinnig het ek agtergekom dat hy die leesboek uit sy kop uit ken en as ek die sinne skommel hy geen idee het wat daar staan nie. Die skole was gesluit en geen naskool was beskikbaar nie. Ek het die hulp van die naskooleienaar ingeroep.

Sy het met baie moeite vir JP probeer help, maar het baie teenstand gekry. So het die skole heropen, maar my seun se probleem het nie verdwyn nie. Sy klasonderwyseres het my gekontak en ons moes sy oë en ore laat toets, aangesien sy een ding sê en hy ʼn ander ding skryf.

Ons het die toetse laat doen, maar sy gehoor was goed en daar was ook niks fout met sy oë nie. ʼn Vriendin vertel my toe van die Edublox-program en ek neem JP vir die evaluering einde Mei 2021. Ek onthou hoe moedeloos ek was toe ek gewag het vir sy evaluering en gedink het, ek kan nie meer nie, ek wil nie meer hoor wat alles fout is met my kind nie.

Marina het terugvoer gegee en gesê alhoewel JP se kognitiewe vaardighede nie op standaard is nie, daar hoop is. Sy het verduidelik dat die program vir sy ontwikkeling vergelyk kan word met die bou van ʼn huis. Fondasies van leer word gelê met die vaardighede van konsentrasie, logiese denke, waarneming, en geheue. Vir die mure is daar woordeskat, lees, spelling, en begrip. Ons toewyding is die sement wat die mure en huis stewig hou. Die vensters is ʼn kind se selfbeeld en sy gevoel van eiewaarde. Die dak van die huis is die Edublox-studiemetodekursus.

JP het begin Junie 2021 met die Edublox-program begin en het dadelik positief daarop gereageer. Sy Afrikaans het met 21% verbeter en sy Engels met 25%. JP het van ‘n stil, teruggetrokke, angstige seun ontluik in ‘n selfstandige seun met baie selfvertroue wat op sy eie kan werk.
.

JP se 2021 rapport – hy verbeter van 61% tot 80%.

.
Sy selfvertroue en punte het aanhou styg en hy spog hierdie kwartaal met ʼn gemiddeld van 87%. JP se juffrou noem hom nou ʼn “slimkop” — van ʼn kind wat gesukkel het om te lees en te skryf.

JP behaal ‘n gemiddeld van 87% op sy 2022 (kwartaal 3) rapport.

.
Ek is ongelooflik dankbaar vir Marina en die Edublox-program. Bo en behalwe die feit dat JP se kognitiewe vaardighede en selfvertroue soveel verbeter het, het hy ook veerkragtigheid (“resilliance”) geleer. Elke keer as ek hom by Edublox kry vertel hy hoe hy gemotiveerd is om aan te hou probeer, en hoe trots hy is as hy meer blokkies kan onthou. Die waardes wat in Edublox vasgelê word gaan in die toekoms soveel vir hom beteken.

Martinette Cromhout
.


Brief van JP se naskooleienaar:

Share Button

Martinette Cromhout JP se Moeder

Skip to toolbar