fbpx

Van Erg Dislekties tot Bestuurder

Feedback.3185717_stdOns as ouers het vroeg in Pieter se lewe agtergekom dat hy baie sleg sy woorde en letters omdraai. Op 5 jarige ouderdom kon hy nie sy hemp se knopies vas- of losmaak nie. Hy kon nie sy skoenveters vasmaak nie. Hy kon nie net ‘n skêr patrone uitsny nie en hy kon ook nie op ‘n ry bakstene loop nie (hy het ook ‘n balansprobleem gehad). Hy was dus met alles onder sy ouderdom se standaard gewees. ‘n Arbeidsterapeut het aanlegtoetse voorskools op hom gedoen en die bevinding was dat hy erg aan disleksie ly en dat hy nie na ‘n gewone skool toe sou kan gaan nie, maar na ‘n spesiale skool.

Ons het toevallig te hore gekom dat Dr. Jan Strydom deur middel van Audiblox disleksie kan ophef en konsentrasie kan verbeter. Pieter het vir 2 jaar Audiblox-klasse bygewoon. Die resultaat was verstommend!

Op 7 jarige ouderdom is hy toe na ‘n gewone laerskool toe en nie na ‘n spesiale skool toe nie. Pieter is tans 21 jaar oud. Hy het sy matriek met universiteitstoelating geslaag. By die Universiteit van Pretoria het hy reeds twee jaar suksesvol deel van sy LLB studies voltooi. Tans is hy nou in sy derde jaar maar hy studeer nou deur UNISA en hy werk voltyds by Shoprite Checkers. Hy het ook vinnig sy bestuursleerlingskap by Checkers voltooi en is tans Administratiewe Bestuurder. Ons is oortuig daarvan dat as dit nie was vir Auidblox-kursus nie, Pieter nie so goed op skool en universiteit en in sy werk sou gevaar het nie.

Nogmaals baie dankie!
Danie en Dané

Share Button

Danie en Dané Pieter se ouers

Skip to toolbar