fbpx

Verbetering in Geheue Ongelooflik

rain
Rain

Ràin het by die Edublox span aangesluit April 2010 in sy graad 4 jaar se 2de kwartaal. Hy het geweldig gesukkel met sy logiese denke — hy het op sy eerste evaluasie by Susan du Plessis maar ‘n 11% daarvoor gekry, tweedens was sy oogspan 42%, sy ouditiewe geheuespan was 4 en is veronderstel om 7 te wees.

Dit het ‘n geweldige impak gehad op sy studies vir graad 4. Ek moes saam met hom sit en hom leer; hy kon nooit op sy eie boeke gevat het en gaan leer nie want sy geheue het hom nie toegelaat om dit wat hy geleer het te onthou nie. Sy praatjies en speeches in Afrikaans en Engels het baie daaronder gely omrede hy dit glad nie kon memoriseer nie en hy’t maar altyd ‘n 4 of 5 uit 10 vir dit gekry.

Begripstoetste in beide Afrikaans en Engels was ook tussen ‘n 4 en ‘n 5 uit 10 gewees omrede hy die probleem met sy oogspan gehad het. Ràin het dae om gehuil van moedeloosheid; hy was soos ‘n kind wat angsaanvalle gekry het as dit tyd was vir leer en hy kon glad nie iets wat ons saam ‘n paar minute terug geleer het onthou het nie. Hy het sy kop in sy hande vasgegryp en sy bene op en af geruk. Vir geen ouer is dit lekker om jou kind in sò ‘n toestand te sien nie. En daarom het ons in die 1ste kwartaal se rapport ‘n advertensie gesien van Edublox. Ek het onmiddellik die tak in Elarduspark Pretoria-Oos geskakel en met Susan du Plessis gereël vir ‘n evaluasie. En tot op hede is Ràin nog steeds deel van die Edublox span in Pretoria-Oos en hy geniet nog elke oomblik daarvan.

Ràin het in àlle aspekte van sy probleme hierbo verbetering gewys. Hy het van sy 3de kwartaal in gr 4 alreeds begin op sy eie te leer en sy geheue het ongelooflik verbeter — ek hoef glad nie meer saam met hom te leer nie. Sy Afrikaans en Engelse praatjies het verbeter na ‘n 6 of 7 uit 10 waar dit voorheen ‘n 4 of ‘n 5 was en dieselfde vir sy begripstoetse. Sy rapportpunte (alles uit 100) vir Wiskunde het verbeter van 69 na 71.5, Sosiale Wetenskappe (SW) van 76 na 94, Tegnologie van 75 na 81 en Ekonomiese Bestuurs Wetenskap (EBW) van 69 na 90. Die kommentaar van die Juffrou op sy eerste rapport het net gesê “Goeie Werk, Ràin — Werk nog ‘n bietjie harder” na (van Edublox-lesse) “Goeie werk, Ràin! Hou so aan boeta!!” Hy raak glad nie meer angsbevange vir toetse nie want HY WEET HY KAN! Hy kan nou in die middae na skool vir my presies in detail vertel wat hulle alles in elke vak gedoen het by die skool; voorheen was sy woorde “mamma ek kan nie onthou nie”. Dis ongelooflik om te sien dat my kind nie meer ‘n senuweebol is nie.

Ràin ervaar nog probleme met sekere dele van Wiskunde. En dan is ons volgende doelwit die Studiblox-klasse wat hy in 2011 gaan begin om hom te help om sy eie studiemetodes effektief toe te pas. So ook volgende opgelyn sal die Engels Tweede Taal-klasse wees, want alles wat gedoen word is vir Ràin se toekoms en hy geniet elke oomblik van sy Edublox-lesse saam met Susan, Karien Pitout en die res van Pretoria-Oos se Edublox span. Julle het my kind weer ‘n kans gegee en hom gehelp om sy skoolloopbaan as LEKKER te sien en nie as ‘n GROOT berg wat voor hom lê nie. Dankie vir julle en God seën julle.

Erika van Niekerk

Share Button

Erika van Niekerk Ràin se moeder

Skip to toolbar