fbpx

Verbetering in Konsentrasie; Meer Taakgerig

Feedback.3185717_stdHi Susan,

Ek moet jou bedank vir die uitsonderlike aandag wat jy aan Chante bestee het in die laaste paar maande.

Ek kan ‘n duidelike verandering in haar sien – sy het weer die moed gevind om te begin leer en die taak deur te voer.

Haar Wiskunde onderwyseres (ekstra klasse) het ook aangedui dat Chante nou vir die eerste keer vir ‘n uur lank kan sit en konsentreer op die werk in plaas van haar gedagtes wat altyd gedwaal het na die eerste 15 minute.

Ek ondervind dieselfde gedrag teenoor haar huiswerk. Waar sy gewoonlik dit net afgerammel het, is daar nou meer “dedication” om dit netjies en mooi te doen.

Dankie weereens vir jou en Tommy. Kobus en myself waardeer al die toewyding wat julle insit om Chante te help.

Regards
Maritsa van der Westhuizen

Share Button

Maritsa van der Westhuizen Chante se moeder

Skip to toolbar