fbpx

Vuur en Vlam om te Leer

‘n Briefie van Rouleen, een maand nadat sy by Edublox aangesluit het:

rouleen


Mev J du Plessis, Rouleen se ma, skryf vier maande later:

Rouleen was in ‘n Engelse laerskool in Gr 1 en 2. Daarna het ons haar in ‘n Afrikaanse laerskool gesit. Dit het nie goed gegaan nie. Die klasse was baie groot, en ons het haar geskuif na ‘n nuwe skool vanaf Gr 3. Sy het verbeter, maar ons kon sien sy het addisionele hulp nodig. Na oorweging van baie plekke het ons op Edublox besluit.

Na een kwartaal by die leeskliniek het haar rapport klaar ‘n beter prentjie gehad. Vandat die skole hierdie jaar begin het, is sy vuur en vlam om te leer en huiswerk te doen. Sy het al van haar take ingehandig wat eers aan die einde van die maand moet in wees. Daar word beslis minder geraas en gesmeek dat sy moet leer. Dis asof TV en rekenaarspeletjies nou ‘n 2de plek ingeneem het.

Sy sukkel nog met groot woorde en hulle betekenis, maar dit het al baie verbeter. Woordsomme is al makliker vir haar, maar het nog aandag nodig.


Opvolg:

Na 1ΒΌ jaar by Edublox is Rouleen een van die ‘Top-20’ van meer as 100 leerders in haar graad, en word sy verkies as prefek.

Share Button

Mev J du Plessis Rouleen se ma

Skip to toolbar