fbpx

Sukkel Jou Kind met Aandag en Konsentrasie? Daar Is Hulp!


Konsentrasie, ook genoem aandag, is belangrik vir leer. Gebrekkige aandag kan ’n beduidende faktor wees van gedrags- en leerprobleme soos byvoorbeeld hiperaktiwiteit en aandaggebreksindroom (ADD). 

Daar is ten minste vier baie belangrike aspekte wat in gedagte gehou moet word wanneer dit kom by konsentrasie:

Daar is drie tipes konsentrasie

Wanneer ‘n kind se aandag afgetrek word deur ‘n pen wat op die vloer val of klanke buite die klaskamervenster, dan het hy of sy ‘n gebrek aan gefokusde aandag.

Ten einde vir lang periodes te kan fokus, het ons volgehoue aandag nodig.

Verdeelde aandag ontstaan wanneer van ons verwag word om terselfdertyd twee (of meer) take uit te voer en aandag vereis word vir die uitvoering van albei (of al die) take. Voorbeelde sluit in motorbestuur terwyl ‘n gesprek met ‘n passasier gevoer word, of aandete eet terwyl jy nuus kyk.

Op skool benodig ons verdeelde aandag wanneer ‘n onderwyseres byvoorbeeld ‘n Wiskundeprobleem demonstreer en gelyktydig die stappe verbaal verduidelik. Die leerder moet sy aandag verdeel tussen die geskrewe probleem en die verbale boodskap.

Konsentrasie is ‘n vaardigheid

Konsentrasie is ‘n vaardigheid, en net soos enige ander vaardigheid byvoorbeeld fietsry of karbestuur, moet dit geleer word en kan dit verbeter word.

‘n Studie het die verbetering in kognitiewe vaardighede van 27 Engelssprekende skoolkinders tussen die ouderdomme van 10 – 12 gemeet nadat hulle vir vyf dae ‘n opleidingsprogram van 15 ure bygewoon het wat deur Edublox, ‘n Suid-Afrikaanse lees- en leerkliniek, saamgestel is.

Die studie is in Singapoer deur die Mind Edge-opleidingsakademie gedoen om die studente voor te berei vir die hoogs mededingende hoërskool intree-eksamen wat aan die einde van graad 6 geskryf word.

Dié studie, wat geborg is deur Flordis SA, ‘n natuurlike medikasie-maatskappy, het die prestasie van die 27 Singapoer-leerders gevolg voor en nadat hulle die opleidingsprogram voltooi het. Hulle resultate is vergelyk met dié van ‘n kontrolegroep van 25 kinders van dieselfde ouderdom wat ook deelgeneem het aan voor- en na-prestasietoetse maar sonder blootstelling aan die opleiding tussen-in.

Die toetsresultate van die 27 leerders het ‘n beduidende verbetering in gefokusde aandag getoon met feitlik geen verandering in die kontrolegroep nie. Boonop was die effek-grootte so groot dat dit bokant die gewensde effekvlak in die opvoedkunde-vakgebied lê.

Konsentrasie en geheue loop hand-aan-hand

‘n Gebrek aan konsentrasie kan baie keer aan swak geheue toegeskryf word. Ouers mag dink dat hulle kind ‘n aandag-probleem het, terwyl dit al die tyd ‘n geheueprobleem is.

Die kognitiewe stelsel verantwoordelik vir die tydelike stoor en manipulering van inligting is werkende geheue. ‘n Kind wat sukkel om werk van die bord af te skryf, sukkel met visuele geheue en indien hulle dit moeilik vind om ‘n aantal verbale instruksies te onthou, mag dit wees dat hulle ouditiewe geheue swak is.

Konsentrasie is ‘n wilsbesluit

Laaste maar nie die minste nie, moet ons onthou dat konsentrasie ‘n wilsbesluit is. ‘n Kind moet gewillig wees om te leer en om geleer te word. Daar sal baie min leer plaasvind by ‘n kind wat ongemotiveerd en onwillig is om te leer.  Motiveringspreker Zig Ziglar vat dit mooi raak:

As jy nie wil leer nie, gaan niemand jou kan help nie;
as jy vasberade is om te leer, gaan niemand jou stop nie.

Konsentrasiewenke

Die stigter van Mind Edge, Alan Yip, deel ‘n paar basiese konsentrasiewenke:

Om gefokus te bly tydens huiswerk of voorbereiding vir eksamen

  • Pak die mees uitdagende projekte aan wanneer jou verstand op sy helderste is.
  • Wees positief en vertel jouself dat jy die opdrag kan behartig.
  • Studeer idealerwys alleen sodat ander mense nie jou konsentrasie onderbreek nie.
  • Raak in die regte gemoedstoestand. Skuif al jou bekommernisse en dinge wat jou aandag aflei opsy, soos byvoorbeeld deur dit neer te skryf sodat jy later daaraan aandag kan skenk.
  • Sny eksterne aandagafleidings soos die TV of radio wat in die agtergrond speel uit. Bêre jou selfoon.
  • Beplan wat jy gaan doen voordat jy studeer. Navorsing toon dat dit op sigself jou konsentrasie met 200% – 400% kan verhoog.
  • Stel duidelike, konkrete doelwitte – byvoorbeeld, hoeveel somme of bladsye geskiedenis jy gaan bemeester.
  • Studeer vir 30 – 40 minute.
  • Voordat jy na die volgende vak gaan, lees nog net een bladsy. Dit is soos om nog een opstoot te doen om jou konsentrasie tot op die maksimum perk te stoot en te verbeter.
    .

Aandag en Konsentrasie

Sukkel jou kind met konsentrasie? Só kan Edublox help:
.

“Xenia was in Graad 2 toe die onderwyseres begin kla dat Xenia se konsentrasie dwaal. Die juffrou en skoolhoof het voorgestel ek sien vir Dr Lippert en kry Ritalin of Concerta. Xenia se jaar gemiddeld was so tussen 70 en 75%.

“Ek het van Edublox te hore gekom en besluit om eers die roete te loop. Xenia het vir 1 en ¾ jaar klas geloop. Die resultate was dadelik daar. Die skoolhoof het vir my kom vra, twee maande nadat Xenia by Edublox begin het, op watter medikasie Xenia nou is, want daar is enorme verbetering in haar konsentrasie! Ek het geantwoord geen medikasie – net Edublox. Sy was vreeslik verbaas.

“Edublox het vir Xenia leer memoriseer en haar wiskunde het ook baie verbeter. Sy kan ‘n toespraak baie vinnig uit haar kop uit leer – Engels of Afrikaans. Sy het ook geen probleme om die werk te verstaan nie. Haar jaareind gemiddeld in Graad 4 was 85% en vir Engels 92%. In kwartaal 1 van Graad 5 was dit weer 85% gemiddeld.

“Ek beveel Edublox aan vir enige kind en daarom kom my tweeling volgende jaar as hulle in graad 1 is. Dit is ‘n basis wat ek voel elke kind moet kry.”

Groete
Anouk

Klik hier
 vir 590+ suksesverhale


Meer inligting:

Edublox lees- en leerklinieke spesialiseer in breinopleiding wat kinders slimmer maak, en hulle help om vinniger, makliker en beter te leer en te lees. Die klasse spreek die volgende aan:

Konsentrasie: Gefokusde, volgehoue en verdeelde aandag.

* Perseptuele vaardighede: Visuele en ouditiewe voorgrond-agtergrond onderskeidingsvermoë; visuele en ouditiewe diskriminasie, sintese en analise; vorm-onderskeiding; ruimtelike verhoudings.

* Geheue: Visueel en ouditief, kort- en langtermyn, reeks- en werkende geheue.

* Logiese denke: Deduktiewe en induktiewe redenering.

* Lees, spel, woordeskat en begrip.

Klasse word in Afrikaans en Engels aangebied. Kontak ons

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar