fbpx

Afrikaans Verbeter met 20%, Wiskunde van 15/40 tot 24/25

Hi Jolanda,

Ek weet nie eens waar om te begin nie!

Jason het sy eerste kwartaal in Graad 6 nie gemaak nie en was baie mismoedig. Hy het gesukkel met lees, begrip en wiskunde. Ons as ouers was so bekommerd en het nie geweet waarheen om te gaan nie! Ek het maar besluit om op die internet te gaan soek vir antwoorde of hulp en het sodoende Edublox gevind. Van dag een af wat ons by Edublox Doringkloof aangekom het, het ons gevoel dat dinge gaan beter gaan. Jolanda het ons as ouers gerus gestel en geglo in ons kind! Dit beteken die wêreld vir ons as ouers dat julle in ons kinders glo!

Jason het die begin van kwartaal 2 by Edublox aangesluit en het dit verskriklik geniet. Teen die einde van kwartaal 2 het sy punte alreeds met 20% opgegaan in Afrikaans en Engels het ook met 15% verbeter. Ons kon verbetering in al sy vakke sien. Jason is soos ‘n nuwe kind! Die enigste probleem waarmee ons nog gesit het, was sy wiskunde, wat ons ook laat besluit het om na Edublox toe te gaan vir ‘n oplossing.

Weereens het Jolanda ons gerus gestel en vir ons ekstra wiskunde klasse voorgestel, wat ons natuurlik mee saamgestem het. Jason was dusver vir twee wiskunde-sessies by Edublox en ek kan nie glo hoe sy wiskundige vermoë verbeter het nie! Jason sou gewoonlik angstig geraak het as dit by wiskunde periode kom, maar nou kan hy nie wag nie! Waar hy gewoonlik punte sou huis toe bring van byvoorbeeld 15/40 het hy laas week trots huis toe gekom met ‘n punt van 24/25! Hy skryf die week sy kwartaaltoets vir kwartaal 3 en hy is so opgewonde!

Ek kan nie genoeg dankie sê aan Edublox in Doringkloof vir julle hulp en ondersteuning nie! Edublox is fantasties en ek sal dit enige tyd aan enige iemand aanbeveel!

Leonie de Beer
Senior Boekhouer

Lees ook wat Leonie geskryf het oor Kyle, Jason se kleinboet…

Share Button

Leonie de Beer Jason se moeder

Skip to toolbar