fbpx

Intensiewe Vakansiekursus: Verbeter Konsentrasie, Geheue en Lees

Vra jouself ….

  • Het my kind sy hoop om ooit vlot te kan lees verloor?
  • Ly hy aan ‘n swak selfbeeld as gevolg van leerprobleme en/of swak skoolprestasie?
  • Is daar ‘n moontlikheid dat hy hierdie jaar gaan druip?

.
As jy “ja” geantwoord het op enige van die bostaande vrae, is ons intensiewe 10-dag vakansiekursus dalk die antwoord vir jou!

Terwyl daar geen kitsoplossing vir leermislukking en leerprobleme is nie, versnel ons intensiewe vakansiekursusse lees- en leervermoë sodanig dat dit jou kind kan help om ‘n reuse sprong vorentoe te gee!

Resultate — Intensiewe vakansiekursusse:

Die doel van ons intensiewe vakansiekursusse is om kognitiewe vermoëns te verbeter — konsentrasie, visuele en ouditiewe prosessering, geheue, ensovoorts. Kognitiewe vaardighede word gebruik om kennis te verwerf, en kan beskou word as die mens se gereedskap vir leer.

Verbetering van konsentrasie

Edublox het in Junie 2014 die FUNtastic Breinkliniek in Singapore aangebied. Die 5-dag vakansiekursus was in samewerking met Mind Edge, ‘n wêreldklas opleidingsakademie in Asië, aangebied. Die Sentrum vir Evaluering en Assessering (SEA) aan die Universiteit van Pretoria het die resultate van die kliniek se werksaamhede ontleed en bevind dat daar na net vyf dae ‘n beduidende verbetering in leerders se konsentrasievermoë was. Boonop was daar ‘n effek-grootte bokant dit wat Professor John Hattie die spilpunt of, anders gestel, die gewensde effek-vlak in opvoedkunde, noem.

Verbetering van geheue

In ‘n M.Tech Studie aan die Universiteit van Johannesburg het 34 leerders in Graad 5, 6 en 7 van ‘n middestad-skool ‘n 5-dag vakansiekursus bygewoon. Twee subtoetse van die Visuele Persepsietoets (TVPS-3) is gebruik om die visuele geheue en visuele reeksgeheue van die leerders te meet.

Die visuele geheue van die leerders het verbeter met 1.3 jaar, en visuele reeksgeheue met 1.5 jaar.

Verbetering van IK

Terwyl ‘n IK-punt beslis nie die somtotaal van ‘n mens se kognitiewe vermoëns is nie, is dit een maatstaf waarmee sy kognitiewe vermoëns met die algemene populasie s’n vergelyk kan word.

Tien leerders met ernstige leerprobleme is met die Suid-Afrikaanse Intelligensie Skaal getoets, voordat hulle met ‘n intensiewe twee-weke kursus begin het. Elke leerder het 40 ure se individuele onderrig ontvang. Hulle ouderdomme het gewissel van 7 tot 18 jaar.

Die verbetering in verbale, nie-verbale en totale IK was beduidend.

 VoorNa
Verbale IK Sub-toetse
Woordeskat7.67.9
Begrip10.010.8
Verbale Redenering9.110.0
Probleme6.36.8
Geheue8.510.5
Gemiddelde Verbale IK85.491.0Verbetering beduidend op die 0.001 vlak
Nie-Verbale IK Sub-toetse
Patroonvoltooiing8.48.7
Blokontwerp8.210.3
Absurditeite9.49.6
Vormbord11.115.3
Gemiddelde Nie-Verbale IK92.6105.1Verbetering beduidend op die 0.001 vlak
TOTALE IK PUNT87.097.1Verbetering beduidend op die 0.001 vlak

.

.
‘n M.Ed. navordingstudie deur Wynand de Wet het gewys dat ons program IK verhoog in minder as 30 ure en wanneer dit in ‘n groep gebruik word. Hy het ons program vir ‘n groep dowe kinders aangebied; hulle gemiddelde nie-verbale IK het met 11.6 punte in 27.5 ure se onderrig, gegee oor ‘n tydperk, verbeter.

In kort, 30 tot 40 ure se onderrig is meermale voldoende om ‘n leerder in ‘n hoër kognitiewe kategorie te plaas — laag-gemiddeld skuif op na gemiddeld, gemiddeld skuif op na hoog-gemiddeld, ensovoorts.

Verbeterde leesvaardighede

Navorsing het bewys dat verhoogde kognitewe vermoëns lei tot verbeterde lees-, spel- en leervaardighede. Terwyl vele leesprogramme verbeterde leesvaardighede aanbied, behaal slegs dié wat in kognitiewe assessering en opleiding gegrond is, blywende resultate.

Vergelyk die voor- en na-toetsresultate van een Graad 4-leerder wat ‘n intensiewe kursus van tien dae bygewoon het, soos gemeet deur ‘n oftalmograaf. Haar relatiewe leesdoeltreffendheidsvlak het met twee jaar en ses maande verbeter! Terwyl nie alle leerders soveel verbeter nie, kan selfs ‘n verbetering van een jaar ‘n kind se lewe verander.


Na die intensiewe kursus sal die leerder ideaal voortgaan om weekliks die Edublox-klasse by te woon, of met Edublox Aanlyn Tutor.


Share Button

8
Leave a Reply

avatar
4 Comment threads
4 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
5 Comment authors
Susan du PlessismarissaFC UysGeraldeneMichélle de Beer Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
Michélle de Beer
Guest
Michélle de Beer

Wat is die kostes verbonde aan die vakansie kursus?

Geraldene
Guest
Geraldene

Hi daar wat is die koste vir 2 kinders? En cater jul vir kids met disleksie ook? Enige ouderdom?

FC Uys
Guest
FC Uys

Wat is die kostes vir die program?

marissa
Guest
marissa

Hi ek stel ook belang in die kursus vir my kinders 6 en 8 jaar oud. Kan julle my dalk email en net vertel hoe gaan ons te werk om deel te wees asb.

dankie

Skip to toolbar