fbpx

Leer Afrikaans: Idiome

Idiome word ook spreekwoorde, gesegdes of segswyses genoem.

Idiome het gewoonlik ‘n dieper betekenis wat uit die tradisies, geskiedenis en leefwyse van ‘n volk gegroei het. Dit is nie altyd moontlik om die betekenis van ‘n idioom uit die woorde af te lei nie, omdat dit baie op figuurlike spraak berus. Vir die rede kan idiome ook nie direk van een taal na ‘n ander vertaal word sonder om die betekenis daarvan in ag te neem nie.

Afrikaans is besonder ryk aan idiome; hier is ‘n paar voorbeelde:

* ‘n Naald in ‘n hooimied soek – ‘n Onmoontlike taak wil verrig.
* Jy kan haar deur ‘n ring trek – Sy is baie netjies.
* So skelm soos die houtjie van galg – Baie skelm en geslepe.
* Nie ‘n A voor ‘n B ken nie – Glad nie geleerd wees nie.
* Hy loop aandklas – Hy kuier saans by ‘n nooi.
* Aangeklam wees – Effens dronk wees.
* Aanhouer wen – Deur aan te hou, bereik jy jou doel.
* ‘n Aap in die mou hê – Slinkse streke verberg.
* So min van iets weet as ‘n aap van godsdiens – Heeltemal niks van ‘n saak weet nie.
* Voel of jy in die aarde kan wegsink – Baie skaam voel.
* Meer afbyt as wat jy kan kou – Meer onderneem as wat jy kan uitvoer.
* Die alfa en die omega – Die begin en die einde.
* Die appel val nie ver van die boom nie – Die geaardheid van ouers word deur kinders oorgeërf.
* Iets vir ‘n appel en ei verkoop – Iets spotgoedkoop verkoop.
* Die geel baadjie aanhê – Jaloers wees.
* Elkeen is baas op sy eie erf (plaas) – Elkeen kan in sy eie huis maak soos hy wil.
* Balke saag – Snork.
* Die balk in jou eie oog nie opmerk nie – Jou eie groot foute nie raaksien nie.
* Liewer bang Jan as dooie Jan – Liewer lafhartig as dood.
* Baie harde bene kou – Baie swaar kry.
* Met ‘n bek vol tande staan – Bedremmeld staan en nie weet wat om te sê nie.
* ‘n Berg van ‘n molshoop maak – Baie oordryf.
* Jou eie beuel blaas – Jou eie roem verkondig.
* ‘n Nuwe blaadjie omslaan – ‘n Nuwe en beter begin maak.
* Blou bloed hê – Van hoë afkoms wees.


Nog idiome:

Bybelse Idiome, Spreekwoorde en Uitdrukkings
Diere-Idiome, Uitdrukkings en Vergelykings

Share Button

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
Skip to toolbar