fbpx

Wiskunde-Probleme ‘n Werklikheid

Pupils in classroom Wanneer daar van leerprobleme gepraat word, neem baie mense aan dat ons na leesprobleme verwys. Mens hoor dit gereeld: “n Leerprobleem is ’n leesprobleem.” Dis natuurlik nie die waarheid nie. Rekenkundige probleme kom net so algemeen voor soos leesprobleme by leerders wat sogenaamd leergestremd is. In die Journal of Learning Disabilities skryf McLeod en Crump dat so te sê die helfte van die leerders met leergestremdhede ook ekstra hulp in wiskunde moet kry.

Deesdae is wiskundige kennis, wiskundige redenering en wiskundige vaardighede net so belangrik soos die vermoë om te lees. Maak nie saak of ons besig is met die wetenskappe, ‘n sake-onderneming of die daaglikse lewe nie, syfers gaan ons altyd by ons hê. Elke beroep, van vuurpylwetenskaplike tot skaapwagter verg die gebruik van wiskunde! Waar ons ons ookal bevind, of watter taal ons ookal praat nie, kennis van wiskunde is ‘n onvermydelike vereiste.

Maar hoe help ons ’n kind wat sukkel met wiskunde? Die enigste manier is om vas te stel wat die oorsaak of oorsake van die probleem is.

Wiskunde word ondersteun deur drie aspekte:

1. Basiese vaardighede

Navorsing het bewys dat visuele persepsie, werkende geheue en logiese denke (wat probleemoplossing moontlik maak) die mees belangrike grondvaardighede vir wiskunde is.

Visuele persepsie verwys na die interpretering en organisering van visuele inligting. Hierdie vaardigheid word gewoonlik onderverdeel in sub-vaardighede soos visuele diskriminasie en visuele geheue. Visuele diskriminasie verwys na die vermoë om ’n figuur of beeld se onderskeie kenmerke en detail soos vorm, oriëntasie, kleur en grootte te kan onderskei. Visuele geheue verwys na die vermoë om te onthou wat ons gesien het.

Marjean Kulp en medewerkers het ’n studie gedoen waaraan 171 kinders met ’n gemiddelde ouderdom van 10.08 jaar deelgeneem het. Hierdie studie was gedoen deur die Ohio Staat Universiteitskollege vir Optometrie, en dit was ontwerp om vas te stel of visuele persepsie prestasie in wiskunde kan voorspel.

Kulp en medewerkers se gevolgtrekking was die volgende: “Daar is ’n beduidende verband tussen swak visuele persepsie en swak wiskunde-prestasie. Visuele perseptuele vermoë, en in besonder visuele geheue, is van die vaardighede wat beduidend verband hou met wiskundige prestasie.”

2. Wiskundige vaardighede

In wiskunde is daar is baie goed wat die leerder moet leer om te doen, soos bv. tel, optel, aftrek, vermenigvuldig en deel.

Die eerste stap is dus om seker te maak dat die kind vlot vooruit sowel as agteruit kan tel. Hierna behoort die kind te leer om syfers oor te slaan soos bv. om in twees te tel. Oorslaan-tel is belangrik vir berekeningsvaardighede, vir syferbegrip en as ’n basis vir vermenigvuldiging en deling. Dis ook belangrik om leerders se probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel want hulle leer om bv. onmiddellik 4 by 12 te tel om 16 te kry, eerder as om 12,13,14,15,16 te tel. Hierdie vermoë is een van die sleutels tot ’n suksesvolle skoolloopbaan.

3. Kennis

Daar is baie dinge in wiskunde wat mens eenvoudig net moet weet, soos bv. terme, definisies, simbole, stellings en of grondbegrippe. ’n Kind wat nie weet wat ’n sfeer is nie, gaan moet raai wanneer hy gekonfronteer word met twaalf voorwerpe en die vraag, “Watter van die voorwerpe is dieselfde vorm as ’n sfeer?”

Leer is ’n stap-vir-stap proses

Ons moet ook onthou dat leer ’n stap-vir-stap proses is. Kinders moet eers sekere vaardighede aanleer, voor dit vir hulle moontlik is om daaropvolgende, meer ingewikkelde vaardighede te bemeester.

Ten einde rugby te speel moet ’n voornemende sportman eers die basiese vaardighede soos uitgee, skop en laagvat onder die knie kry. Dis dieselfde met wiskunde: kinders moet eers die basiese vaardighede soos visuele persepsie en logiese denke aanleer.

Die tweede stap is die aanleer van wiskundige vaardighede, en dit moet gedoen word in logiese volgorde. Mens moet immers eers leer tel, voor jy kan leer om op te tel en af te trek. Veronderstel ons probeer ’n kind leer optel en aftrek alvorens hy geleer tel het; dit sal onmoontlik wees, maak nie saak hoe hard ons probeer nie.

Die derde stap sal dan wees om seker te maak die kind haal agterstallige kennis van wiskunde in.


Edublox se Mathblox-klasse is gemik op Graad 2- tot 7-leerders en lê die grondslag vir wiskundige begrip. Ons doen dit deur jou kind:

  • ‘n In-diepte begrip van die terminologie wat in wiskunde gebruik word te leer.
  • Fundamentele wiskunde vaardighede te ontwikkel, soos byvoorbeeld:
    • gefokusde, volgehoue en verdeelde aandag
    • visuele prosessering
    • visuele -, reeks- en werkende geheue
    • deduktiewe en induktiewe redenasie.
  • Toepassing in die vorm van kurrikulum-gebaseerde oefeninge te laat doen — hoofrekene, tyd lees, woordsomme, ensovoorts.

 

Share Button

2
Leave a Reply

avatar
1 Comment threads
1 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
2 Comment authors
adminsue Recent comment authors
  Subscribe  
newest oldest most voted
Notify of
sue
Guest
sue

Goeie dag.

Ek het n seuntjie in my klas wat skerp is in wiskunde maar agv sy visuele probleem sukkel hy om te klank, lees en skryf.

Help Asb!
Dankie.

Skip to toolbar